Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Groenskrif-kommentaar-gou-bespreek

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groenskrif-kommentaar gou bespreek

 
Deur ISABEL STOLTZ

‘n Aansienlike hoeveelheid kommentaar is op die groenskrif oor grondhervorming ontvang en sal in Februarie op ’n nasionale byeenkoms van belanghebbendes deurgetrap word.

Daar blyk algemene instemming te wees in kommentaar oor die vier-vlakstelsel van grondbesit en die instansies wat voorgestel is om dit te beheer (soos voorgestel in die groenskrif oor grondhervorming), sê die Department van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Volgens mnr. Eddie Mohoebi, hoofdirekteur van kommunikasie, is ’n span besig om die kommentaar saam te vat om die belangrikste kwessies uit te lig wanneer dit aan die Kabinet voorgelê word.

Hy sê daar is algemene instemming met die beginsels en aanbevelings ten opsigte van grondbesit en die drie instansies wat die stelsel sal ondersteun.

Doel misgekyk
Mohoebi sê ’n saak wat heelwat aandag gekry het, is die feit dat die groenskrif “ ’n dun, 14-bladdokument” is.

“Dit is jammer dat mense die doel misgekyk het. Die dokument is ’n raamwerk wat belanghebbendes die geleentheid wou gun om die wet wat daaruit voortspruit, te help vorm om dit hul eie te maak. Daarmee is die proses inklusiewer as wat dit sou wees as die departement ’n omvattende groenskrif voorgelê het,” sê hy.

AfriForum sê die Regering het nie die morele reg om die regte van burgers te beperk, te ondergrawe of te vervreem nie. Dié burgerregte-organisasie bevraagteken die grondwetlikheid van die voorgestelde groenskrif. Hy sê hy sal “alle moontlike kanale benut om die aanvaarding daarvan teen te staan”.

25 Februarie 2012

4
 
 
  • 728 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
25 Jan 2012 14:11

Ongelukkig is die boere net 'n handjie vol... Die handjie vol moet kos produseer vir 'n land wat aanteel soos konyne en steeds nie genoeg kan produseer nie omdat daar te veel monde is wat gevoed moet word. Hoekom moet daar vanaf die Ooste en elders af ingevoer word?

Die probleem le nie by die boer nie!

Vat die boer weg, en baie min gaan enigsins nog ietsie op die tafel he. Bestaansboere produseer net genoeg vir hulself. 1 miljoen bestaansboere kan onder geen omstandighede vir 50 miljoen sorg nie.

Vat die boer weg en hoeveel duisendes gaan sonder 'n inkomste sit?

As die boer weggevat word, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie vou. Geen kos. Baie meer werkloses.

Wie gaan dan die skuld dra? Weer die boer? Is aardverwarming OOK die boer se skuld?

Ongelukkig is die wat in leierskaps posisies sit, geld gurig en hulle volgelinge wat dieselfde weelde wil he, besef nie dat hulle dit nie gaan kry nie.

Was nou die dag herhinner aan 'n ou artikel van hoe daar oor 'n paar jaar nie meer genoeg diere gaan wees om vleis te gee nie... Wonder hoekom? Nie net word die populasie so groot nie, te min mense bring hulle deel om iets te produseer.

Almal wil he, maar hoeveel is bereid om werklik iets te doen (iets wat nie ongrondwetlik is nie).

Ongelukkig dink baie mense die Grondwet is 'n 'brand' van toiletpapier. Wette word gemaak om die geldguriges en mags beheptes verder te ondersteun en die menigtes is verdeel tussen die wat die nuwe wette ondersteun sonder om impak te verstaan en 'n kleiner groep wat dit teenstaan.

Alles draai om geld en mag. Maar wat gaan gebeur wanneer daar selfs vir die rykstes nie meer kos is nie? Gaan daar na China gedraai word vir hulp? China wat self 'n bevolking het wat 'n derde van wereld bevolking beslaan.

Geen boer = geen kos = geen werk = hongersnood = geweldadige opstande = rykes en magtiges word ontroon...

Het nou die dag ook gelees van hoe Animal Farm van toepassing is...

  • antwoord
Onbekende besoeker 
25 Jan 2012 13:13

Boerdery is 'n besigheid, nes enige ander besigheid in hierdie land. Myns insiens word daar met hierdie belaglike wetgewing gediskrimineer teen die boer en boerdery as 'n besigheid en is dit niks anders as eensydige rassisme van regeringskant.
Watter enige ander besighede in hierdie land word deur sulke tipe wetgewing aan bande gelê? Wat is die ware kleure van die regering deur sulke wetgewing af te dwing en besighede te manipuleer?
Die boer word nie net aan bande gelê nie, maar word ingeperk. Landbou is een van ons belangrikste besighede in die land en geniet die minste ondersteuning van regeringskant of wêreldwyd. Dis die boer wat sorg vir al die voedsel op ons tafels, markte, rakke asook uitvoer. Dit raak die hele ekonomie van die land.
Die regering bloei die boer stadig dood.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Overberg nou rampgebied?
  • Fairview-bokmelkkaas bekroon
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction