Deur ALANI JANEKE
13 Oktober 2011

1458 keer gelees | 4 kommentaar

Moenie oor die groenskrif oor grondhervorming bekommerd wees nie, het mnr. Gugile Nkwinti aan afgevaardigdes op die Agri SA-kongres gesê.


Moenie oor die groenskrif oor grondhervorming bekommerd wees nie, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.

Dít was deel van sy boodskap aan kommersiële boere tydens Agri SA se jaarkongres in Johannesburg.

Nkwinti sê hy is tans baie bekommerd oor kommunale grond en hoe dit verdeel moet word. Hy voorsien dat die grootste gevegte rondom kommunale grond en die Grondwet en die kultuur wat daarby betrokke is, gaan ontstaan.

Hy het boere gerus gestel met dit wat hy in Februarie 2010 gesê het: “Ons wil die pad van grondhervorming saam met julle loop, ek het toe so gesê en dit is steeds so.” Hy het ook hande geskud met mnr. Louw Steytler wat die stelling gemaak het dat Agri SA ‘n grondbeleid ondersteun wat volhoubaarheid in die landbou gaan bevorder.

Leiers op platteland
Nkwinti sê die land benodig dringend leierskap ten opsigte van de-rasionalisering van die samelewing. “Ek dink dit is belangrik om te sê, hierdie vergadering is presies die teenoorgestelde van ‘n ANC-vergadering. By ‘n ANC-vergadering sien jy ‘n groepie wit mense wat daar sit, hier sien ek ‘n groepie swart mense wat daar sit. Om ras uit die vergelyking te verwyder, is steeds ‘n groot uitdaging.”

Nkwinti het die hulp van boere gevra om de-rasionalisering in landelike omgewings te bevorder. “Ons het leiers vir dít op die platteland nodig.”

Model werk nie
Volgens die minister is dit duidelik dat die huidige model van grondhervorming nie behoorlik werk nie. Hy sê deur ‘n plaas in die Staatskoerant te adverteer, neem jy die produktiwiteit van daardie grond weg.

Die grond kan lank in die proses vasgevang wees, terwyl plaaswerkers en die boer die plaas verlaat. Nkwinti sê hulle wil voorkom dat dié boer en die werkers se kundigheid vir die land verlore is, en die grond onproduktief lê. “En dit is hoekom ons ‘n nuwe model soek, en almal van ons gaan moet saamwerk om dit te laat slaag.”

Hou Landbouweekblad dop vir meer oor Nkwinti se gesprek met Agri SA.

13 Oktober 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/12/13 10:05:25 PM

Hoekom dink ons blankes dat slegs wit mense kan boer? As swart (kleurlinge ingesluit) mense die geleentheid en ondersteuning gehad het om hulle in boerderybestuur te bekwaam, sou dit nie vandag nodig gewees het vir grondhervorming nie. Gaan kyk maar in ons landelike gebiede hoeveel aangrensende plase behoort aan mense met dieselfde vanne - 'n bewys van hoe ons wit voorvaders en regering vir ons mense ten koste van swartes bevoordeel het tov grondbesit.


G

2011/10/17 08:02:16 AM

Ek dink die grondhervormings kwessie, kan slegs slaag as dit op 'n wen-wen grondslag geskiet. Kan mens nie al die boere wat geraak word deur die kwessie, skuif na staatsgrond wat tans hoofsaaklik onproduktief net daar lê? Met produktiewe boere op sulke grond, kan die land en sy mense net vorentoe gaan.


Onbekende besoeker

2011/10/16 08:10:00 AM

Ja nee, snaaks hoe die agbare minister nou n anderse deuntjie sing as hy op "vyandelike" gebied is. Sit hom terug in Luthuli huis en jy hoor presies weer die ander kant van wat hy nou se. Ek wens net die groot kop Agri manne kan dit ook verdomp sien. Indien hy dan nou die keer ernstig is, is dit halwe goeie nuus, want sien n "nuwe" model kan dalk nog erger wees as die voorgestelde and tanswerkende een. Ek se, los die ouens met grond uit. Laat hulle boer, punt. Gee die onbewerkte staatsgrond weg (deel dit op in erwe), met die voorbehoud dat as jy in n sekere tyd nie kan produseer nie, dan verspeel jy jou kanse. Vir die arm wit ou wat wil boer, jammer ek het nie daai antwoord nie, want die regering sal seer sekerlik nie verniet grond gee aan n wit outjie wat die rook uit n lui g*t gaan boer nie. Ek persoonlik hoop dat as die bogenoemde dinge kan gebeur, dan kan ons wit boere (as hulle so voel en wil) plase aankoop en gee/skenk aan opkomende wit boere met die verstane dat as jy nie winsgewend is na n tyd nie, dan moet jy trek Ferreira. Dankie


Bakkes Bastian

2011/10/15 07:19:22 AM

Ek onthou nog die kinderstorie van Kraai hoog in die boom met 'n lekker stuk kaas in die mond waarop Jakkals verbygeloop kom en hy toe vir Kraai met die heuningkwas bykom oor hy kwansuis so mooi kan sing !!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights