|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Hy wonder of 45% van die grond in Suid-Afrika nie reeds oorgedra is nie, het prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria op die Sacau-konferensie gevra.
Ttydens die Suider-Afrikaanse Konfederasie vir Landbou-unies (Sacau) se jaarkongres in Muldersdrift het prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria terloops opgemerk dat hy wonder of die hoeveelheid landbougrond wat oorgedra is, nie reeds 45% is nie.
By navraag het Agri SA gesê niemand weet hoeveel landbougrond werklik al deur middel van die grondhervormingsprogram in Suid-Afrika oorgedra is nie.
“Van die suide na die weste is daar nog min grond oorgedra, terwyl daar van die noorde na die ooste al baie grond oorgedra is, maar niemand weet fisies hoeveel grond al in Suid-Afrika deur die grondhervormingsproses aan opkomende boere oorgedra is nie”, sê dr. Theo de Jager, die ondervoorsitter van Agri SA.
De Jager sê volgens waardasierolle wat munisipaliteite onlangs moes saamstel oor beginnerboere wat grond ontvang het en vir die eerste jaar van hulle besit van grondbelasting vrygeskeld is, is meer as 30% van landbougrond in baie distrikte reeds oorgedra. “Veral in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is daar goeie aanduidings.”
Volgens De Jager is 73% van grond in die Blouberg munisipale distrik in Limpopo reeds oorgedra, terwyl daar in twee munisipale distrikte in KwaZulu-Natal reeds 59% en 63% van die grond oorgedra is.
Oudit oor grondoordrag
De Jager sê die hoeveelheid grond wat van kommersiële boere na opkomende boere oorgedra is, is nie behoorlik deur die Departement van Grondhervorming aangeteken nie, aangesien ras nie op die titelaktes van die grond aangebring mag word nie. “Dit is egter nie ‘n verskoning vir die departement om nie ‘n behoorlike databasis te hê vir hoeveel grond al oorgedra is nie,” sê hy.
Agri SA het derhalwe in samewerking met die hoof-uitvoerende beamptes-forum (die CEO’s forum) besluit om ‘n ouditverslag saam te stel om die presiese hoeveelheid grond wat oorgedra is, vas te stel. Die projek is sowat twee jaar gelede van stapel gestuur, en De Jager meen dit sal moontlik eers oor ‘n jaar en ‘n half voltooi wees.
De Jager sê volgens mnr. Ernst Pringle, die ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap en ‘n regskenner, was dit verkeerd van die Regering gewees om in 1994 te sê 87% van die land se totale grond was in die hande van blankes. “Volgens statistieke het 24% van die land se grond toe reeds aan die staat behoort, en mnr. Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het verlede week tydens sy staatsrede gesê die staat het g’n idee hoeveel grond hy werklik besit nie.”
Volgens De Jager moet nie vergeet word dat die myne in die land asook kerke enorme groot grondeienaars is nie.
Hy sê die oudit duur só lank, aangesien dit groot infrastrukturuele en personeelimplikasies inhou.
29 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Verskoon asseblief die engels. Ek loop die volgende raak op Wikipedia onder "Asset-based egalitarianism" - Asset-based egalitarian policies, such as the Ackerman and Alstott proposals, are often criticised as not being egalitarian. Due to different people having different abilities and talents to utilise financial wealth, there is always a risk that those without formal financial education would alienate their own freedom by dissipating their capital or 'stakeblowing.' Stuart White argued that unless education corrected for this, there would be an inegalitarian outcome, as people fundamentally have different asset-management capacities.
hulle sal aanhou en aanhou rekenskap en deursigtigheid en verslagdoening WAS en IS nie hulle sterk punt nie.
Ek stem saam met Dr Kirsten, behalwe dat die % groter is TLU SA het data wat onbetwis is, wat wys dat meer as 50% van die grond reeds in swart en Staatsbesit is
In die Cullinan distrik met die ontleding van die Munisipale Waardasie rol is 60% van die grond in Staatsbesit
Agri SA moet ook ophou om die 30% wat die regering verkondig as korrek te aanvaar. Met die ondersteuning onderskryf en bevorder hulle die regering se grondhervormings beleid ten koste van grondeienaars.
As hulle nie weet hoeveel grond hulle self besit nie en weet ook nie watter hoeveelheid oorgedra is nie is dit 'n vreesaanjaende situasie. Dit is basiese wiskunde. 'n eenvoudige optel of aftrek som. Wonder soms of hulle begrotings klop. Dit verduidelik die hoeveelheid oudits wat gedoen moet word. Wat hul wel presies weet is hoeveel belsting geld gevorder word.
Dit is duidelik dat dit op die einde gaan oor die bestuur van inligting. Niemand kan die korrekte besluite neem as hulle nie die feite het nie. Dit is waar vir Suid-Afrika, Argentinië en enige land in die wêreld.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)