|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
As alle belastingbetalers net ’n half persent ekstra belasting betaal, sal genoeg geld beskikbaar wees om grondhervorming vinniger en suksesvol af te handel.
Dit, tesame met die bereidwilligheid van die kommersiële boere om daarmee te help, kan die oplossing wees.
Mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het tydens die Inmaakvrugte-Produsentevereniging (IPV) se jaarvergadering op Worcester gesê verreweg die meeste kommersiële boere in die Wes-Kaap en die res van die land is optimisties en bereidwillig om grondhervorming te laat werk, maar geldtekorte vir grondaankope ontbreek dikwels.
Hy sê hy is dankbaar vir onsekerhede in die landbou, want in só ’n situasie is daar geleenthede om probleme betyds te identifiseer en oplossings te vind.
Suksesvolle boerprojekte
Van Rensburg sê sy departement werk op ’n suksesskaal van 60% vir projekte om opkomende boerprojekte in die volgende vyf jaar van stapel te stuur.
“Grondhervorming was die afgelope 16 jaar ’n klaaglike mislukking in Suid-Afrika. Dit is egter nie die kommersiële landbou wat daarvoor verantwoordelik is nie.
“Tog sal onteiening of pogings om die land in kleiner boerderye te probeer opdeel, niks aan die saak verbeter nie. Dit gaan oor die mens op die grond se wíl om te boer.” Van Rensburg het ’n beroep op almal gedoen om saam met die Regering te werk om die probleem op te los.
“Werk saam om projekte vir ontwikkeling te laat slaag, want anders gaan dié probleme net mettertyd groei en méér geld kos om op te los.”
28 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is moeg vir hulle gelieg en bedrieg. Wat nou van die nuwe groenskrif oor grond. Op die stadium voel ek 'n absolute veer vir grondhervorming, en as 'n Zimbabwe dan wil kom, moet hy maar kom.
Eers matriek, dan kollege opleiding, dan indiensopleiding, dan besigheidsplan en dan 'n landbanklening wat nie op ras geskoei is nie. Siedaar 'n Suid Afrika wat weg beweeg het van rassediskriminasie. Ek as blanke soek ook 'n stukkie grond, maar kan dit nie bekostig nie as gevolg van die hoe grondpryse in die Weskaap. Handouts sal nooit werk nie al word dit hoe mooi gekamofleer. Ek stem saam met boesman, werk vir wat jy wil he en klaar. Hou op met toi toi en demand.
Dis tyd dat die regering se laksheid voor stok gekry word. Elke keer word daar net 'n nuwe idee geopper. Vertel bietjie vir ons hoeveel grondeise is uitstaande, hoeveel boere het reeds geteken en nie hulle geld gekry nie, hoeveel grondeise is nog nie gepubliseer nie, hoeveel grond is reeds uitgedeel en hoeveel swart boere is reeds gevestig. Niemand weet die syfers nie en almal draal daarrondom. Ons sal nie vorder nie, want grond is nie werklik 'n ekonomiese doelwit nie, maar uit en uit 'n politieke speelbal. Dis tyd dat die landbou unies die regering oor die statistieke hiervan aanvat.Die media moet help en weekliks uitwys hoe die regering niks doen met die eise wat nie afgehandel word nie. Ons sal tot in lengte van dae hier oor valslik beskuldig word.!!!!
Ek persoonlik dink as daar minder geld gesteel en verduister en minder korrupsie plaasvind sal daar oorgenoeg geld beskikbaar wees vir hervorming. Bygese jy kan alles vir die vooraf benadeeldes verniet gee as hy nie die kennis en die vermoee het om te boer nie is dit klaar n mislukking. Ek het hard vir my plaas gewerk sonder om te erf of te steel en dit na 1994 so ons almal is op dieselfde voet, laat elkeen werk vir sy ideaal om te wil en kan boer eendag.
Die begunstigdes se se kultuur van 'entitlement' is die grootste probleem met grondhervorming. Daarmee saam moet daar aanvaar word dat dit 'n hengse duur proses is.
Hoekom moet die belastingbetaler al weer die kastaiings uit die vuur krap met nóg 'n ou verhoginkie? As elke oneerlike minister en hoë amptenaar net voor stok gekry word en gedwing word om alles terug te betaal wat hulle al gesteel het van die belastingbetalers, sal daar méér as genoeg wees om in al dié behoeftes te voorsien!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)