Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Grond-amptenare-op-vingers-getik

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grond: Amptenare op vingers getik

 
Deur JOYLENE VAN WYK

Junior amptenare mag voortaan nie oor grondtransaksies namens Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming onderhandel nie.

Die Parlement se staande komitee op begrotings het die departement geroskam omdat die Regering R12 miljard skuld weens junior amptenare se toedoen.

Volgens mnr. Sibusiso Gamede, waarnemende hoofgrondeisekommissaris, het die departement getekende aanbiedinge aan grondeienaars vir hul grond en artikel 42-aktes wat gesamentlik R7,5 miljard beloop. Gamede sê die R7,5 miljard het tot R12 miljard gestyg weens die hofsake teen die departement.

’n Artikel 42-akte is ’n deel van die Wet op die Herstel van Grondregte wat die minister of die grondeisekommissaris die mag gee om eise vir restitusie goed te keur.

Nog 4 000 eise uitstaande
Gamede het lede van die komitee ontstel toe hy gesê het dat daar nog sowat 4 000 eise is wat nog nagevors word voor dit gewaardeer kan word. “Ons wil binne die volgende drie jaar alle uitstaande eise finaliseer.”

Howe het die departement al telkemale gelas om vir die grond te betaal − selfs al was daar net ’n aanvaarde aanbieding en nie net die beklinking van die transaksie nie. Heelwat grondeienaars het die departement ook al hof toe gesleep.

Die departement het tot dusver R700 miljoen aan hofaansoeke betaal.

“Almal haas hulle na die hof, want hulle kan die departement dwing om te betaal,” het Gamede gesê. Die departement werk nou aan ’n strategie om met boere te kommunikeer.

Hy het verder aangedui dat slegs die provinsiale grondeisekommissarise by magte is om oor grond te onderhandel. Hy het ook aangedui dat daar ook eise is wat verkeerdelik in die Staatskoerant gepubliseer is wat van die lys afgehaal moet word.

16 Augustus 2010

0
 
 
  • 1335 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
16 Aug 2010 15:47

DIe mense moet nie oor die vingers getik word nie hulle moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir ten minste 'n persentasie van die skade wat hulle onbevoegtheid/laksheid of korrupsie tot gevolg het.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Foto: ROBERT SOUTHEY
  • Vrae onstaan oor lusernbome
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction