Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Grond-gesteel-malema

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘Grond is gesteel’ - Malema

 
Deur LIEZL VERCUEIL

Grondhervorming en die restitusiedoelwit om 30% van Suid-Afrika se landbougrond teen 2014 in swart besit te hê, is gereeld in die nuus en Cosatu en mnr. Julius Malema , voorsitter van die ANC-jeugliga, het hul opinies hieroor aan die BBC verduidelik.

Dit is reeds bekend dat die doelwit van 2014 na 2025 geskuif is en die grootste rede wat hiervoor voorgehou word is, is hoë plaaspryse, luidens ‘n berig in die Irish Times. Finansiële beperkinge, burokratiese sloerdery en die internasionale ekonomiese krisis word ook voorgehou as redes vir die huidige stand van sake.

Volgens dr. Joe Phaahla, adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, heers daar diep kommer oor stygende grondpryse. “Dit is interessant hoe grondpryse die hoogte inskiet sodra die Regering die proses as ‘n koper betree. Daar kom sameswering in die eiendomsmark voor. Agri SA stem saam hieroor. Dit is nie beperk tot grondeienaars nie, maar sluit waardeerders, korrupte staatsamptenare en eiendomsagente in,” sê hy.

Malema meen die Regering se gewillige koper en verkoper-benadering tot grondhervorming is onsuksesvol en grondeienaars moet ‘n ononderhandelbare aanbod van die Regering gebied word. “Ons sal betaal, maar net wat ons kan bekostig want hulle het dit in elke geval gesteel. Hulle het ons grond gesteel,” het hy aan die BBC gesê.

Cosatu-woordvoerder mnr. Patrick Craven sê die feit dat ‘n hele generasie sal verbygaan voordat restitusie werklik toegepas is, is nie goed genoeg nie. “Ons sit op ‘n sosiale tydbom. Die feit dat mense van landelike gebiede gedwing word om na plakkerskampe in stede te trek skep die soort spanning wat ons om kwessies soos dienslewering sien. Dit sal baie beter wees as hulle ‘n lewe in landelike gebiede kan maak. Die grootste rede waarom hulle nie kan nie is die feit dat grondeienaarskap in dié gebiede steeds ongebalanseerd is.”

Bron:
BBC
Irish Times

5 November 2009

2.846155
 
 
  • 7393 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Peet Booysen 
22 Nov 2009 17:42

Iemand het eendag vir 'n sakeman gevra hoe jy ontslae raak van onnodige kommentaar. Sy antwoord was jy swyg hom weg. In die media se soeke na sensasie is hulle besig om al die oe op Malema te fokus sodat niemand die ramp sien waarop SA afstuur nie. Met "leiers" soos hy, wat kan mens verwag? My waarskuwing aan die jong man is dat hoogmoed kom voor die val. As hy homself sien as toekomstige leier wil ek hom herinner aan 'n ander jong "leier" wat al die boere uit die pad wou vee. Al wat vandag oor is, is die stadion wat na hom vernoem is. God verdra nie hoogmoed, wanorde et al nie.

  • antwoord
Knoffel 
10 Nov 2009 08:51

Ek en Julius hou ewe min van Tito Mboweni... Ek omdat hy te min dink, Julius omdat hy te veel dink.

  • antwoord
mkruger
10 Nov 2009 08:22

Miskien kan iemand my hier reghelp.

Soos ek dit sien het die grond nie aan die swartes behoort nie.
Die grond het aan die stamhoofde/konings behoort.
Die volgelinge moes maak en bly wat die stamhoofde vir hulle gese het.

Met die koms van die blankes is hulle bevry van die konings wat oor hulle regeer het en het hulle op grond wat deur die blankes bevry is begin bly.

So behalwe vir die adelikes het die gewone swartman geen grond besit nie.

Die slim manne se mos dat almal so paar miljoen jaar terug afstam van Afrika af....
Maw die blankes het niks gesteel nie. Hulle het net kom opeis wat so paar miljoen jaar terug aan hulle voorvaders behoort het.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Nov 2009 14:32

Stem saam met Butch,hou hulle dop,vang net nonsens aan!

  • antwoord
Koos van der Merwe ,Sutherland 
09 Nov 2009 11:51

Laat staan Malema.Al wat hy doen is om die Freedom Charter uit te leef.Hy's ten minste eerlik ,die ander klomp op die groen stoele dink dieselfde ,maar moet stadiger tewerk gaan anders sal hulle die Afrikaner-Boer wakker maak (wat ek dink klaar besig is om te gebeur).Daar was mos al lankal gewaarsku deur die ou klomp sogenaamde "verkrampte" regses dat as ons ons vryheid aan 'n klomp barbare wat onskuldige mense vermoor ,roof en teister ( en dit vir 'n selfoon en twintig rand )dit ons voorland sal wees.By die tyd weet ons almal F.W. de Klerk ons uitverkoop vir 'n pot lensie sop!!
Gelukkig hoef ons nie met hom af te reken nie, God sal!
Wat staan ons te doen?
Eerstens moet ons ons skuld voor God bely , want sonder hom is ons as volk verlore.Ons as volk het Hom verloen deur om dit wat Hy vir ons gegee het en waarvoor ons vaders met bloed ,sweet en trane vir ons nagelaat het met 'n kruisie in 1992 prys te gee sodat ons internasionale sport kan geniet.Dit het ons tot dusver baie "duur" te staan gekom en sal nog meer vra as ons nie gehoor gaan gee nie. Keer dan terug op die ou wee van ons vaders en laat ons liewer fokus op hoe gaan ons ons VRYHEID terug kry.Ons moet uit hierdie bestel uit kom en ophou dink dit gaan werk.God haat vermening, dit is waarom hy volkere geskape het en as jy daaraan torring krap jy aan Sy orde.Ek wil my volk vry sien in ons eie land ,met ons eie regering deur die volk self verkies met God as Koning teen die hele wereld vry.
Besoek gerus www.vvk.co.za

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Nov 2009 10:00

Wanneer gaan mense leer. Klou vas aan die droom van n reenboog nasie tevrede met die krummels van julle afgemete deel. Ek se hoe gouer hierdie REENBOOG droom ontaard in n volskale nagmerie hoe beter.

  • antwoord
JJJA1 
08 Nov 2009 00:13

Martin Merideth, die skrywer van The History of Africa, het ook `n boek geskryf oor Robert Mugabe, met dieselfde naam. Almal behoort die twee boeke te lees. Die ooreenkomste in retoriek en hoe die anti-wit propaganda begin het en vir jare geignoreer is, en deur baie afgemaak is as geraas waaraan niemand hulle behoort te steur nie, laat mens sidder. Glo my, mens behoort jou baie aan Malema te steur. `n Dommer barbaar soos Idi Amin was een op `n tyd die hoof van die OAU, en was Afrika se gerespekteerde segsman. Dit kan, en SAL gebeur. Gaan lees maar op die mynboubedryf se webblad hoe matallurgiese studente op `n kampus hom onlangs toegejuig het, nadat hy i.p.v. die 15 minute wat elk van 3 sprekers gekry het, `n uur gepraat het. Die ondersteuning en bewondering wat hy in vraetyd gekry het, het getuig van die verstommende lae vlak van intellek wat selfs onder studente ter sprake was. In Afrika bly daar ongelukkig `n primitiewe faktor ter sprake wat selfs dekades se blootstelling aan die beskawing slegs kan temper totdat iemand, soos Malema deur populistiese opruiing aan bewind kom. Dis op die kaarte. Dit gaan gebeur.

  • antwoord
FRIK UIT DIE KAAP 
07 Nov 2009 18:22

JA NEE KYK AS JY JOU SOOS N AAP WIL HOU DAN IS DIT SO,ONGELUKKIG WORD ALMAL DEMOER IN OOR WAT MALEMA TE SE HET, EINTLIK MOET JY VIR F.W. DE KLERK RAAK LOOP EN BINNE IN DIE GROND IN KLAP, HOE HY EN SY MAAITJIES ONS MENSE WEG GEGEE HET. AS JY ORALS MET SWART MENSE PRAAT SE HULLE DIE SELFDE DING, WANT HULLE SUKKEL NOU BAIE OM VIR HULLE FAMILIES TE SORG. SO MALEMA AS JY DINK JY GAAN AL DIE GROND BESIT EN BAIE KOS HET, EK WONDER WIE GAAN DIT PRODESEER. AS DIE GROND GAVAT WORD KRY EK DIE SWART MENSE JAMMER WAT HARD GEWERK HET VIR DIT WAT HULLE OP PLASE BERYK HET WANT HULLE GROND GAAN OOK GEVAT WORD NES IN ZIM, LANGS MY BROER WAS DAAR N SWART BOER GEWEES, GOED AAN GEGAAN, TOE DIE PLASE GEVAT WORD, TOE IS SY PLAAS EERSTE DEUR DIE PLAAS VERGRYPERS AFGEVAT EN HY MOES VLUG VIR SY LEWE.SO DIT GAAN MAAR NET OOR DIE EEN WAT WIL MAG HE, EN DE HEL MET MENSE WAT GAAN HONGER LY.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
07 Nov 2009 02:42

duidelik weet bittermin van hulle wat die ANCYL agtervolg soos n stertjie wat geskiedenis is en malema is een van hulle...twyfel of hy ooit weet wat die woord beteken...

  • antwoord
Boer - en trots daarop 
06 Nov 2009 16:09

Ek stem saam met onbekende besoeker, laat georganiseerde landbou die nar hof toe vat vir laster. Daar kan die kwessie dan afgehandel word.

  • antwoord
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • volgende >
  • laaste >>

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skeuring dreig in bokhaargeledere
  • Voer van derde graad lusern vir skape
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction