JAN CILLIERS
23 Januarie 2003

2181 keer gelees | 0 kommentaar

Die meeste grondeise wat ontvang is tot einde 1998, voor die afsnydatum vir die indiening daarvan, is vir alle praktiese doeleindes geldig verklaar. Daar kan nou voortgegaan word om dié eise te verwerk.


Die meeste grondeise wat ontvang is tot einde 1998, voor die afsnydatum vir die indiening daarvan, is vir alle praktiese doeleindes geldig verklaar. Daar kan nou voortgegaan word om dié eise te verwerk.

Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het in Pretoria gesê 35 294 van die 37 838 grondeise, 'n totaal van 93 %, is geldig verklaar. Die 2 544 eise wat nog uitstaande is, kon nie geldig verklaar word nie weens 'n gebrek aan stawende inligting of omdat die eisers nie opgespoor kon word nie.

Die grondeise wat nie geldig verklaar kon word nie, sal in die grondhervormingsprogram opgeneem word.

Me. Didiza het gesê die Belgiese regering het meer as R13,2 miljoen geskenk om eise geldig te laat verklaar. Die Departement van Grondsake se bydrae was R5 miljoen. Altesame R4 358 250 van die totale bedrag is nog oor.

Die kommissie vir grondeise in Gauteng het al 3 248 eise wat ontvang is, afgehandel. In Noordwes moes die kommissaris einde Desember nog tien uitstaande eise afhandel, terwyl die Vrystaat nog 20 moet deurwerk. Die Wes- en Noord-Kaap het elk nog 167 grondeise om af te handel, in die Oos-Kaap is daar nog 352, Mpumalanga het 435 en die provinsie Limpopo het 464. KwaZulu-Natal se kommissaris sukkel nog met 948, waarskynlik omdat die meeste grondeise, 'n totaal van 12 082, in dié provinsie ontvang is.

Die Wes-Kaap het 8 356 eise ontvang, in Limpopo is daar 3 764, Mpumalanga het 3 266, Gauteng het 3 248, in die Noord-Kaap is 2 773, daar is 2 164 in die Oos-Kaap, Noordwes het 1 374 en die Vrystaat het 811 eise.

Ál die eise sal in die Staatskoerant gepubliseer word, waarna almal wat geraak word, kommentaar daarop kan lewer of beswaar daarteen kan maak.

31 Jan. 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights