Die eksodus uit die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gaan voort nadat mnr. Blessing Mphela, die hoofgrondeisekommissaris, bedank het.
Dié bedanking volg nadat mnr. Tozi Gwanya, die direkteur-generaal (DG) van die departement, se kontrak beeïndig is.
Luidens ‘n verklaring van die departement sal Mphela se bedanking op 1 Augustus geldig wees. Mphela gaan volgens mnr. Eddie Mohoebi, die hoof woordvoerder van die departement, nou “ander loopbaanmoontlikhede oorweeg”.
‘n Nuwe DG vir die departement?
Intussen verneem Landbou.com dat ‘n nuwe DG vir die departement aangestel is. Dr. Nozizwe Makgalamele, die direkteur-generaal van grondbeplanning en inligting, word glo vir die pos oorweeg.
Makgalamele het in 2003 ook in die direksie van die Land Bank gedien, en is na bewering een van die outeurs van die beplande Groenskrif oor grondhervorming.
Intussen is daar ook gerugte dat mnr. Mdu Shabane, die adjunkdirekteur-generaal van die departement, moontlik ook die departement gaan verlaat.
31 Julie 2010
Kommentaar
Daar is nog nie 'n nuwe Direkteur-Generaal vir die Departmenet aangestel nie. Dit bly asof die inligting wat die beriggewers so graag aan Suid Afrika wil oordra meeste van die tye verkeerd is. Daar is 'n Waarnemende Direkteur Generaal aangestel, by name Dr Makgalemele. Die pos van Direkteur-Generaal moet soos alle poste in die Staatsdiens geadverteer word.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)