|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Die oplossing vir die probleme met grondhervorming lê in die Regering se samewerking met die kommersiële landbou, en nie in die driebeenstelsel vir eienaarskap van eiendom nie.
Mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister vir landbou en landelike ontwikkeling, het hierdie boodskap aan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling oorgedra toe die beleidsdebat vir dié begrotingspos in die Parlement se Nasionale Raad vir Provinsies gevoer is.
Nkwinti het weer in sy rede die driebeen-stelsel uitgewys wat in die Groenskrif van die departement uiteengesit word. Daarin word voorgestel dat staatsgrond slegs onder huurbesit moet wees, dat daar ’n beperking op die besit van private grond moet wees en dat buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
Die Groenskrif sal binnekort aan die Kabinet vir oorweging voorgelê word. Daar word beoog om dit nog vanjaar na die Parlement te bring.
Van Rensburg sê die kommersiële landbou wil help met grondhervorming en dat die Regering hom die kans moet gun om dit te doen.
“Ons het nie nodig om ons te wend na die onteiening van grond of nuwe wetgewing in te stel nie.” Volgens hom besef alle landsburgers die belangrikheid van grondhervorming en as die kommersiële landbou betrek word, sal die proses suksesvol wees.
27 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is nie slim met die wet nie maar miskien kan een van ons slim wetsgeleerde manne ons hier help.
Boerdery is 'n besigheid net soos enige ander, behalwe dat die grond wat daarvoor benodig word groter is.
Kan die regering nou vereistes instel op "die" besigheid sonder dat die ander besighede daardeur geraak word ?
Ek verwys na "buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners"
Wat se die grondwet ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)