Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Grondhervorming-een-van-sa-se-grootste-uitdagings

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondhervorming: Een van SA se grootste uitdagings

 
NICO VAN BURICK

Veranderde eienaarskap van grond is 'n gegewe -- of mense daarvan hou of nie, het mnr. Chris du Toit, voorsitter van die Landboubesigheidskamer (LBK), in sy openingsrede op Agrimark Tendense (AMT) en Landbouweekblad se vooruitskouingskonferensie vir die landbou in Pretoria gesê.


Volgens hom staan grondhervorming bo-aan die lys van uitdagings wat die toekoms inhou.


"Elke mislukte poging om nuwe troetreders tot die landbou te vestig, laat die indruk dat die landbou 'n geslote beroep is wat weier om by die nuwe Suid-Afrika aan te pas. As boere is dit ons plig om te wys op die probleme en ook om te help om oplossings te vind sodat die proses ordelik sal geskied en suksesvol sal wees."


Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het gesê niemand kan van grondhervorming weghardloop nie en daar moet 'n wen-wen situasie geskep word. "Die Regering wil nie graag sien dat Suid-Afrika 'n soortgelyke pad as Zimbabwe loop nie en daar moet na kreatiewe oplossings gesoek word."


Oor navorsing het mnr. Du Toit gesê een van Afrika se grootste struikelblokke bly die lae vlakke van tegnologie oordrag. "So lank as wat ons op laevlak-tegnologie weens onvoldoende navorsingsvermoë aangewese is, gaan lae produktiwiteit en swak mededingendheid ons voorland wees."


Suid-Afrika bestee slegs 1,04 % van die landbou se bydrae tot die BBP aan navorsing. In Australië is dié syfer 4 % en in Amerika 3,7 %.


Volgens me. Didiza is Suid-Afrika se bydrae besig om te verander, "soos wat die toename in die begroting vir landbounavorsing bewys". Sy het gesê daar word gekyk na die toedeling van geld saam met die Departement van Kuns, Kultuur, Tegnologie en Wetenskap, die menslike hulpbronne en die vermoë van institute soos Onderstepoort.


Volgens mnr. Du Toit is elke wenvoorsprong in die vrye mark tegnologies gedrewe. Hy het gesê biotegnologie is die snelgroeiendste sektor van die tegnologie. Dit skep die vermoë om 60 miljard mense (10 maal meer as nou) te voed met die huidige hulpbronne.


Mnr. Du Toit het handelsliberalisering en globalisering as nóg uitdagings van die toekoms uitgesonder. Hy het gesê in wêreldhandelsterme is Afrika negeerbaar klein, maar in die Afrika-konteks is Suid-Afrika enorm. Afrika se aandeel in die wêreldhandel is minder as 2 %, maar Suid-Afrika genereer bykans 'n derde van dié vasteland se produksie.

10 Oktober 2003

0
 
 
  • 1644 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wolpryse effens laer
  • Boerepatente by Nampo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction