|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Die helfte van die plase wat aan begunstigdes vir grondhervorming oorgedra is, is op die rand om geheel en al ineen te stort, sê die DA.
Die DA het altesaam 12 plase in vier provinsies besoek. Me. Anette Steyn, DA se adjunk-skaduminister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het gesê op dié feitesending is gevind dat dié plase wat suksesvol is, dit bereik het ten spyte van die Regering se pogings en nie vanweë dié hulp nie.
Op nie een van die plase wat besoek is, was daar duidelike bewyse van konstruktiewe, beduidende steun van die Regering nie. Die resultaat is dat baie plase op die rand van ineenstorting is, het sy gesê.
Mnr. Mpowele Swathe, DA se skaduminister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het gesê dit is ‘n aanduiding dat grondhervorming in ‘n krisis is. Hy het gesê boere sukkel só om met die Departement vir Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling te kommunikeer dat van hulle selfs as ‘n laaste poging briewe aan pres. Jacob Zuma gerig het om hulle te help.
Bykans ‘n derde van die plase wat deel is van die Regering se program vir die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling (LRAD) het misluk.
6 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Nou is ek eers seker ons het ingeval by afrika tyd.
Die boerderygemeenskap is al vir jare besig om presies dit te verkondig wat hier bespreek word en die lig gaan nou eers aan vir die DA.
Miskien probeer die DA se nuwe landbou "minister" stemme werf ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)