Deur ALANI JANEKE
21 November 2011

783 keer gelees | 0 kommentaar

Grond kan nie langer deur middel van die metode wat tans vir grondhervorming gebruik word, oorgedra word nie, sê minister Gugile Nkwinti.


Grond kan nie langer deur middel van die metode wat tans vir grondhervorming gebruik word, oorgedra word nie, sê mnr. Gugile Nkwinti, die Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling.

Luidens ’n berig op Fin24.com het hy onlangs aan die Swartbestuursforum gesê dat die staat in die toekoms grond aan swart kommersiële boere wil gee, omdat dit as ’n bedryf gesien word.

Volgens die berig is ’n Kodesa oor dié kwessie moontlik omdat al hoe meer invloedryke mense besef dat die proses wat tans gevolg word, nie die gewenste uitwerking het nie.

Prof. Mohammad Karaan, ’n lid van die Nasionale Beplanningskommissie, stem saam met dié standpunt. Hy sê dat die Kodesa só aangepak moet word dat dit uiteindelik nie net weer op ’n bespreking van al die ou bekende kwessies uitloop nie.

Onderhandelinge
Volgens Karaan steun hy prof. Shadrack Gutto, voorsitter van Unisa se Sentrum vir Afrika-renaissancestudies, se siening dat onderhandelinge oor hervorming weer moet plaasvind.

Hy meen dat die beleid nie net op sy vermoë om grond oor te dra beoordeel moet word nie, maar ook op die volhoubare gebruik van grond en om beleggersvertroue te skep.

Volgens Karaan is nuwe denke oor die proses nodig, wat die land se wyer doelwitte in ag neem. Hy sê verder dat die Groenskrif oor grondhervorming nie behoorlike antwoorde bied vir die fundametele kwessies wat bestaan nie.

Bron: Fin24.com

21 November 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights