Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Grondoudit-so-te-s-gereed

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondoudit so te sê gereed

 
Deur SUSAN BOTES

Ná jare se beplanning sal ’n volledige grondoudit binne die volgende ses maande gedoen word.

Al wat nog in die pad daarvan staan, is ’n voldoende begroting en kundige personeel, sê dr. John Purchase, voorsitter van die forum vir landbou se uitvoerende hoofde. Die beoogde oudit is op die forum se vergadering op Stellenbosch bespreek.

Mnr. Nico Kruger, leier van die forum se grondoudit-taakspan, sê die metodologie en tegnologie is gereed vir ’n nasionale grondoudit. Die oudit is ’n gesamentlike projek deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en verskeie organisasies in die private sektor.

Purchase sê omdat dit só ’n intensiewe studie is, is daar nog nie sekerheid oor die tydsduur daarvan nie. “Dit is nou belangrik om vaardige mense aan te stel en hulpbronne aan die projek toegedeel te kry. Die geld wat vir die taak geoormerk is, is egter nog te min.”

Pryse van produksiefaktore wat deur die staat vasgestel word, is ook op die vergadering onder die vergrootglas geplaas. Oor die afgelope maande het krag- en vervoertariewe dramaties gestyg en watertariewe kan ook binnekort met tot 50% styg.

Om dié rede het die forum die departement versoek om die Nasionale Landboubemarkingsraad en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) te betrek by ’n studie oor die invloed van staatsgeadministrateerde tariewe op onder meer kospryse. Dr. Simphiwe Ngqagweni, die direkteur van ekonomiese dienste by die departement, sê só ’n studie word tans gedoen.

Lees ook:

Staat bekyk sy bydrae tot kospryse

21 Oktober 2010

5
 
 
  • 1638 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

MJ 
23 Okt 2010 16:02

Hallo,As julle probleme kry met plase , vra my gerus ek kan enige stukkie grond in enige plek in SA se eienaar kry.

  • antwoord
Frans Saaijman--- Agri Pretoria  
22 Okt 2010 12:44

Ons beweeg nader na die kern van die saak en ons vertrou dat die oudit suksesvol afgehandel kan word. Die resultate moet egter aan die landbouers beskikbaar gestel word.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Lam-drinkbak
  • Something personal, just a statement of protest...(1)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction