Die hoeveelheid grond wat teen 2014 vir grondhervorming oorgedra gaan word, is drasties verlaag.
Die nuutste teiken van hoeveel grond teen 2014 oorgedra gaan word, is in die Departement vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se strategiese plan vervat.
Volgens die plan sal slegs 908 329 ha teen 2014 oorgedra wees, teenoor die aanvanklike teiken van 19,8 miljoen ha. Altesaam 5,9 miljoen ha produktiewe landbougrond is tot dusver oorgedra.
Volgens die nuwe strategiese plan moet 283 592 ha in die 2010/11 boekjaar, 303 615 ha in die 2011/12 boekjaar en 321 122 ha in die daaropvolgende boekjaar oorgedra wees.
Die Departement het vroeër aangedui dat hy nie die 30%-teiken teen 2014 kan lewer nie weens ‘n tekort aan geld.
Indien die Departement die nodige geld gehad het, was die plan om om 2,8 miljoen ha in 2009/10 oor te dra, sowat 3,8 miljoen ha in 2010/11, sowat 4,41 miljoen in 2011/12, naastenby 4,6 miljoen ha in 2012/13 en 4,3 miljoen ha in 2013/14.
Die land het 83 miljoen ha landbougrond waarvan slegs 3 miljoen ha landbougrond van hoë potensiale waarde is, het mnr. Mdu Shabane, adjunkdirekteur-generaal verantwoordelik vir grondhervorming, gesê aan die Parlement se portefeuljekomitee wat hiermee gelas is.
Hy het aangedui dat ‘n raad wat staatsgrond, spesifiek landbougrond, bestuur op die been gebring sal word. Die raad sal vir bespreking in die Groenskrif van die departement wat teen einde Mei voltooi sal wees.
11 Maart 2010
Kommentaar
Daar sal beslis gekyk moet word nou die volhoubaarheid van die grond wat oorgedra word.Werkskepping is van kritiese belang in RSA maar ongelukkig word geen nuwe werk geskep met die oordrag van sulke grond nie. Daar is soveel ha beskikbare bewerkbare landbougrond wat net le en vergaan omdat daar n nog steeds gemeenskappe is wat baklei oor die grond.
Daar het soveel projekte platgeval omdat die nodige ondersteuning en opleiding nie plaas gevind het soos onder ander Lisbon Estate,Mamatole en eindelik die meeste van die projekte waarby SAFM betrokke was.
Daar is wel projekte wat volhoubaar is maar agv finansieele druk is hulle ook afhanklik van befondsing van die verskillende landbou departemente.
Kom ons verander die fokus van syfers van grond oorgedra na werkskeppening.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)