|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Die groot aanbod Merinoramme wat sedert Januarie in die Oos-Kaap beskikbaar was, het bygedra dat kopers 'n uitstekende seleksie kon doen op die produksieveiling van Top Tier-Merino's van mnr. John Stretton van Strydfontein, Molteno.
Bykans 90 % van die aanbod is verkoop teen gemiddeld R1 820 stuk.
Die Gannaveld-Boerdery van mnr. Garry Donion van Steynsburg het die hoogste prys van R6 400 betaal, terwyl mnr. C.R. Isted R4 800 moes opdok vir die naashoogste prys.
BKB Stoetveedienste het die veiling aangebied.
9 Mei 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24