Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Groot-onsekerheid-na-grondberaad

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groot onsekerheid na grondberaad

 
Deur NICO VAN BURICK

Agri SA sê dit is ongelooflik belangrik dat daar vinnig oor die beginsels en die proses wat op die nasionale grondberaad gaan volg, sekerheid verkry moet word en die kwessie sal dringend met die Regering word.

Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die beraad het ongelukkig tot 'n groot klomp onrealistiese verwagtinge bygedra wat verreikende ekonomiese gevolge inhou. Dit skep ook onsekerhede oor fundamenteel belangrike beginsels van die mark. Hy het onder meer verwys na voorstelle dat weggedoen word met die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper, asook dat grondpryse afgedwing, onteiening gebruik en grondbelasting ingestel word.

"Die minister sal moet uitspel wat die visie vir kommersiële boere en die landbou in hierdie toestande is. Ons kan nie bekostig dat onsekerheid oor belangrike kwessies soos hierdie die sektor, wat reeds 'n magdom ander probleme ondervind, verder ondermyn nie. Die ekonomie kan dit nie bekostig nie."

Mnr. Chris du Toit, voorsitter van die Landboubesigheidskamer (LBK), sê vir hom is die teleurstellende van die grondberaad die feit dat die Adjunkpresident en die minister reeds met die opening gesê het daar moet weggedoen word met die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper. "As hulle dit vooraf besluit het — hoekom dan 'n beraad hou? Hulle kon maar gesê dit is die voorneme, daar moet net oor die uitvoering gepraat word."

Mnr. Willie Lewies, ondervoorsitter van die TLU SA, sê uit die oogpunt van kommersiële boere en landbou-produksie het die beraad geen waarde gehad nie. Afgesien van die feit dat dit onrealistiese verwagtinge opgejaag het, het dit nou kwaai druk op die minister geplaas.

Hy sê ongeldige grondeise het daartoe bygedra dat voorstelle om boere se grond te onteien op die beraad aanvaar is. "Ongeldige grondeise voldoen nie aan die kriteria wat wetlik neergelê is nie. Die druk op die Departement van Grondsake om grondeise af te handel en die onvermoë om dit te doen, word nou op die rug van die kommersiële wit boer gelaai."

Hy sê die TLU SA het binnekort 'n gesprek met Didiza en sal eers verneem wat die Regering se planne is voor daar oor 'n verdere strategie besin sal word. "Uit die beraad blyk dit dat sy ernstig is oor sekere aanbevelings en ons is net so seker dat dit verkeerd is."

Me. Ruth Hall, 'n navorser van die Program vir Grond en Landelike Studies (Plaas) aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sê daar is geen rede vir histeriese reaksie op die grondberaad nie. "Dit is hoogs onwaarskynlik dat onteiening op groot skaal sal geskied, daar sal steeds regverdige en billike vergoeding vir grond wees — soos waarvoor daar in die Wet voorsiening gemaak word. Talle boere wat wil verkoop, het nou 'n beter kans as die staat meer grond koop."

Die onderskeie organisasies se volledige reaksie op die grondberaad is in aanstaande week se Landbouweekblad.

12 Augustus 2005

 

0
 
 
  • 1445 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Biobrandstof: Pyplyn uit Mosambiek
  • Boek vertel veeartse se verhaal
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction