Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Groot-reaksie-op-staatsrede-en-grond

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groot reaksie op staatsrede en grond

 
Deur ALANI JANEKE

Baie vrae bestaan rondom grond en grondhervorming ná pres. Jacob Zuma se staatsrede.

Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA, sê hulle is baie bekommerd oor die President se verwysing na statistiek rakende die oordrag van grond.

“Waar kry hy die statistiek dat net 7% van grond oorgedra is? Die departement bly vir ons aandui hulle weet nog nie hoeveel grond oorgedra is nie, want die grond-oudit is nog in proses. En óns statistiek sê 63% van grond is reeds in die staat se besit,” vertel Meintjes.

Verder is Meintjes bekommerd oor Zuma se verwysing na die Grondwet wat hom die mag kan gee om die oordragproses te bespoedig.”Beteken dit hulle wil net al die grond by die boere vat en herverdeel?” Die organisasie is van plan om ‘n skrywe aan die President te rig om oor dié statistiek te vra.

Mynbou
Meintjes sê verder dit is baie duidelik dat die meeste van die ontwikkeling vir infrastruktuur waarna die President verwys het, op mynbou gerig is. “Ons wil hom ook vra waar skakel die landbou in dié prentjie in, want die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne moet deeglik oorweeg word.

"As die myne ál die water en grond besoedel, dan wil ons vra waar gaan die President water kry om vir die mense te gee? En waar gaan hy kos kry om vir die mense te gee?”

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê hoewel die infrastruktuurverbetering wat beoog word op mynbou gerig is, sal die landbou wel ook uit onder meer beter paaie voordeel trek. “Hy het nie veel oor die landbou en goed wat vir die sektor belangrik is, te sê gehad nie.”

Möller meen Zuma moes sterker na vore getree het om die ekonomie te stimuleer, want as die koste van sakebelange verlig kan word, sal dit tot baie werkgeleenthede lei.

“Ons is wel baie bly oor sy verwysings dat Eskom aan hom verslag moet doen oor metodes vir verlaagde koste en die President se opmerkings oor Suid-Afrikaners wat gesonder moet leef.”

Me. Annette Steyn, die Demokratiese Alliansie se woordvoerder vir landbou, sê hoewel die infrastruktuurontwikkeling baie nodig is, moet daar realisties na Zuma se voornemens gekyk word. “Ons sal eers maar moet sien of wat gesê is, wel gaan gebeur, want daar is ‘n rekord van goed wat gesê word, maar nie gedoen word nie.”

Steyn sê sy is wel opgewonde oor die aankondiging dat ‘n dam in die Oos-Kaap gebou gaan word om boere, veral in kommunale gebiede, by te staan.

Belegging
Op sy beurt het dr. Pieter Mulder, adjunk-Minister van Landbou, Bosbou en Visserye en die leier van die Vryheidsfront Plus, gesê die President se verwysing na die vrywillige-koper en vrywilliger-verkoper beginsel is kommerwekkend.

Zuma het gesê dit is duidelik dat die beginsel nie werk nie, en hy het sy steun teenoor die omstrede Groenskrif oor Grondhervorming, wat verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer is, uitgespreek. Mulder sê dié stelllings gaan verdere onsekerheid onder beleggers skep, wat die land skade kan berokken.

AfriForum is ook bekommerd oor dié stellings. “AfriForum sal enige poging om eiendomsbesit en die regte van grondeienaars te beperk, teenstaan”, lui ‘n verklaring.

10 Februarie 2012

4.6
 
 
  • 1114 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Saaiboer 
10 Feb 2012 18:16

Agri SA klink nie bekommerd nie?

  • antwoord
Tswanevelder van Twanoria 
10 Feb 2012 17:25

Hierdie regering is nou baie vinnig op pad na die afgrond met hierdie land, en wanneer dit gebeur sal die Chinese oorneem.
Die "spam filter sal nou seker die kommentaar verwyder" want dit is mos die waarheid

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wys jou fotovaardighede en wen!
  • Landbou.com-fotokompetisie II - Inskrywings 11
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction