|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Die wenner van Senwes se vyfde entrepresneurskompetisie is mnr. Marno Els van Kroonstad. Dié 19 jarige het met sy braaikuikenbesigheid ‘n studiebeurs ter waarde van R100 000, versprei oor drie jaar, losgeslaan.
Els het verlede jaar aan Hoërskool Kroonstad gematrikuleer en was een van die leerders wat R2 000 ontvang het om sy idee vir ‘n besigheid toe te pas. Dié onderneming se finansiële state is vanjaar voorgelê en deur die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid vir Entrepreneurskap ontleed. Die eenheid behartig ook die beoordeling van die betrokke besigheidsplanne.
Els se braakuikenboerdery dryf handel onder die naam Cheeky Chicks en bestaan uit twee toegeruste grootmaakeenhede en ‘n vrieskamer. Hy beplan om uit te brei. “As jy jou keuses beperk tot dit wat moontlik lyk, offer jy jou drome op. Streef jou drome na, want Suid-Afrika is ‘n puik land met baie geleenthede,” sê mnr. Neel Rust, Senwes Village se bestuurder vir algemene handel.
Die ander finaliste in vanjaar se kompetisie was mee. Monique Trollip, vervaardiger van produkte uit vere en stokkies van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, en Aneleh Meyer, partytjiebeplanner van die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein.
Op die meegaande foto:
Voor: mee. Monique Trollip en Aneleh Meyer, beide van Bloemfontein. Agter: Dr. Johan van Zyl (Vrystaatse Universiteit), mnre. Marno Els van Kroonstad (wenner) en Neel Rust (Senwes Village).
24 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
sal die volledige projekte se inhoud in landbou gepubliseer word?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)