Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Groter-skape-nie-noodwendig-beter

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groter skape nie noodwendig beter

 
JOHAN COETSEE

Die idee dat 'n groter skaap 'n beter skaap is, is 'n wanindruk onder talle skaapboere. Die antwoord lê veel eerder daarin om te selekteer vir die spesifieke eienskappe wat 'n boer in sy skape verlang, het dr. Buks Olivier, spesialis in skaap- en bokteling by die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Diereverbetering op Stellenbosch, op die jaarvergadering van die Wes-Kaapse NVWK gesê.


Olivier het gesê die fynwolprojek by die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut is al talle jare aan die gang en grootliks afgehandel. Daar word nou in 'n nuwe rigting van navorsing beweeg, naamlik om intensief na die inkomste per hektaar van skape te kyk.


"Dit is moeilik om boere te oortuig dat 'n groot skaap nie noodwendig beter presteer as 'n kleiner skaap nie. Daar is talle nadele aan 'n té groot skaap, onder meer dat hulle meer vreet. 'n Kleiner skaap presteer dikwels beter weens sekere omgewingsfaktore in 'n bepaalde area as 'n groot dier."


Olivier meen 'n boer moet regstreeks selekteer en teel vir sekere eienskappe wat hy van sy diere verlang. Dit is nie nodig om "met 'n draai" te probeer teel vir eienskappe nie. "Teel regstreeks vir fynwol as jy dit verlang, of vir sterkwol of stapellengte."


'n Beskrywingspunt is aanvaar waarin mnr. Llewellyn Louw van Malmesbury gevra het vir onafhanklike riglyne waarvolgens boere wol kan kweek sodat dit aan internasionale standaarde voldoen.


Dr. Arno Moore, hoofbestuurder van die NWKV, het gesê die markte moet sulke riglyne dikteer. Dit help nie boere probeer sulke riglyne daarstel as dit nie gepaard gaan met spesifieke internasionale bemarkingsriglyne nie. Dan sou dit 'n sinnelose oefening wees.


Mnr. Izak van der Merwe, voorsitter van die Nasionale NWKV, het gesê Australië, as grootste wolprodusent ter wêreld, bring gereeld nuwe idees na vore waarmee tred gehou moet word. As iets nuuts egter geïmplementeer word, moet altyd gewaak word dat dit in balans met die koste daarvan moet wees.


Louw het gemeen wolboere wil basiese riglyne van die NWKV hê. "Heelwat wolboere weet eenvoudig nie van basiese beginsels nie." Moore het gesê sulke riglyne sal nasionaal en markgerig moet wees.

23 April 2004

0
 
 
  • 2165 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die suiwelbedryf
  • Grondeis van R100m. in W.Kaap
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction