|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Graan SA gaan bykans R400 000 aan Vrystaat Landbou (VL) oorbetaal vir regskoste wat dié provinsiale landbou-unie aan die hofsaak rakende die Lesotho-grens bestee het.
Graan SA-afgevaardigdes het op die organisasie se jaarlikse kongres buite Bothaville dié versoek goedgekeur. Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Vrystaat Landbou en uittredende Graan SA-ondervoorsitter, het hiervoor gevra nadat die organisasie se hoofbestuur dit reeds in beginsel goedgekeur het.
Altesaam R394 000 sal uit Graan SA se regshulpfonds na VL oorgedra word.
Belangrik vir elke Suid-Afrikaner
Steytler het daarop gewys dat ‘n hofsaak soos dié elke Suid-Afrikaanse burger raak, “want as die staat nie bereid is om die mense wat dáár woon se grondwetlike regte beskerm nie, hoekom sal hulle myne en joune beskerm?” VL het die Regering hof toe gesleep in ‘n poging om die owerhede te dwing om bewoners van grensplase teen oorgrens-misdaad te beskerm.
Steytler het ook ‘n dringende beroep op lede van Graan SA gedoen om hul volle heffinggeld van R2 per ton graan geproduseer, aan die organisasie oor te betaal sodat hy kan voortgaan om boere se grondwetlike regte te beskerm. Daar kan nooit ‘n verskoning vir wanbetaling wees nie, het Steytler gesê, “want sonder ‘n kaart en transport in ons gatsakke het ons nie ‘n toekoms nie”.
Hy het voorts gewaarsku dat die Regering weer voor die Grondwethof gedaag sal word as hy dit sou waag om by die vrye mark in te meng. Die vryemark met al sy tekortkominge is steeds die enkele grootste beskermheer van die kommersiële boer in Suid-Afrika, het Steytler gesê.
5 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek weet regtig nie wat om te se nie en miskien moet ek stilbly.
Ten minste probeer VL en GSA iets doen.
Maar kom ons kyk nou maar na hoeveel hofsake die regering nou al "verloor" het in die land.
En kom ons kyk in hoeveel van die hofsake die regering die hof se opdragte gehoorsaam het.
Kom ons kyk nou maar na die onlangse Von Abo bevinding.
Ek wonder of die man se kleinkinders ooit die geld sal sien wat vir skadevergoeding betaal moet word ?
Ek wil net so graag soos almal he dat ons, ons soos opgevoede mense moet gedra. Maar lewer dit resultate op ?
Ons gaan hof toe, die hof lewer 'n uitspraak en die regering vee hom daaraan af.
Wat se die gesegde ? "when in Rome...."
Ons moet nou maar begin aanvaar dat die Rome van pre-1994 en die Rome van post-1994 nie meer dieselfde plek is nie.
Om op te tree asof ons nog in 'n pre-1994 Rome bly gaan ons niks help nie.
Inteendeel die ANC is baie bly daaroor want hulle hoef hulle nie oor ons te bekommer nie.
Miskien moet die groepie wat by GSA se kongres die protes-aksie gereel het dit so bietjie verder/wyer vat want dit is al taal wat die ANC ook verstaan.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)