Deur JOYLENE VAN WYK
24 Mei 2011

1503 keer gelees | 1 kommentaar

Nog duisende volstruise sal van kant gemaak moet word nadat toetsresultate die H5N2-virus op nog twee plase in die Oudtshoorn-gebied bevestig het.


Nog duisende volstruise sal van kant gemaak moet word nadat toetsresultate die H5N2-virus op nog twee plase in die Oudtshoorn-gebied bevestig het. In April is die uitvoer van alle pluimvee reeds opgeskort nadat die virus op ’n plaas in die gebied bevestig is. Meer as 5 700 voëls is toe geslag.

Alle uitgevoerde uitgevoerde volstruisvlies van die begin van Februarie is ook herroep. Die H5N2-stam van die virus is nie gevaarlik vir mense nie.
Aanvanklik was vyf plase in die gebied geïdentifiseer.

Daar is gehoop dat die virus op die een plaas, waar die meer as 5 700 volstruise geslag is, geïsoleer is. Mnr. Wouter Kriel, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, het aan Landbou.com gesê die uitslae van toetsresultate het die virus op nog twee plase bevestig.

Kundiges help
Met die bekendwording van die eerste uitbreking van die virus het ’n span kundiges van die Europese Unie (EU) gekom om hulp aan die bedryf te verleen. Die span het gekyk hoe die bedryf en die Regering die situasie rondom die uitbreking hanteer.

Hulle het uitgewys dat die noodplan om hierdie soort voorvalle te hanteer, verbeter moet word en dat daar nie voldoende vermoë by die laboratoriums is om groot volumes monsters te toets nie.

Die span het ook uitgewys dat die PCR-toets wat gebruik word om die monsters te toets, te lank neem. Hulle het voorgestel dat die Elisa-toets eerder gebruik moet word, sodat die monsters vinniger verwerk kan word.

Noodplan bedink
Kriel het gesê die volstruisbedryf het tydens die besoek ’n noodplan aan die EU-span voorgelê en sekere aanbevelings is aanvaar. ’n Voorstel van die bedryf is dat die betrokke gebiede gesoneer moet word sodat net die volstruise in kwarantyn uitgesluit kan word.

Met daardie stap sal verseker kan word dat die ander gebiede in die land volstruisvleis kan uitvoer. Die voorstel sal weer op ’n vergadering met die EU-kundiges teen volgende maand of in Julie bespreek word.

Intussen het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, mense aangemoedig om steeds volstruisvleis te koop. Die vleis in die winkels is veilig.

Die opskorting van uitvoer kos die volstruisbedryf maandeliks sowat R108 miljoen.

24 Mei 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/07/01 03:06:00 PM

Wat van die volstruisvleis wat tans op die winkelrakke is. Is dit ook besmet?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights