|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Haelskade van tot R50 miljoen is aan mielie-oeste in die Wes-Vrystaat aangemeld.
Mnr. Kobus Claassens, Santam-landbou se streekbestuurder in die Vrystaat, Natal en die Oos- en Wes-Kaapland, sê ’n haelstorm op 3 Februarie het skade aan sowat 14 000 ha mielies in die distrikte Wesselsbron, Hoopstad en Bothaville aangerig.
Die voorlopige skadeberaming van R40 miljoen tot R50 miljoen word bereken teen ’n opbrengs van 6 t/ha en ’n prys van R1 400 per ton.
Die storm was baie intens met haelkorrels so groot soos duifeiers en het met ’n sterk wind gepaard gegaan.
Volgens Claassens wissel die skade van plaas tot plaas met sommige van die produsente wat hulle hele mielie-oes kwyt is. In sommige dele is die mielieplante heeltemal verwoes.
“Dit is interessant dat die meeste haelskade aan oeste in dié gebied die afgelope drie dekades tussen die middel van Februarie en die einde van Maart voorgekom het,” sê Claassens.
9 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)