|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Meulenaars en graanhandelaars is bereid om binne 'n bepaalde tyd, ná kontrakte aangegaan is, te verklaar hoeveel koring of mielies in- of uitgevoer is sodat die mark daarop kan reageer, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Meulenaarskamer.
Dié aankondiging kom ná gebrekkige inligting as een van die redes aangevoer is vir skerp stygings in die prys van graanprodukte verlede jaar.
Mnr. De Villiers sê monsters sal voortaan op ingevoerde mielies en koring geneem word en aan die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium verskaf word vir ontleding. Dié inligting sal bekend gemaak word ter gerustelling oor die gehalte van ingevoerde produkte.
Dié stappe word gedoen om gerugte in die mark te beëindig en deursigtigheid in die graanbedryf te bevorder, sê hy.
18 April 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24