|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Vleisbeesboere het nou toegang tot belangrike nuwighede op die Simmentaler/Simbra-beestelersgenootskap van Suidelike Afrika se webruimtes. Die belangrikste is waarskynlik dat besonderhede van alle diere wat op veilings onder beskerming van die genootskap aangebied word, voortaan op die werwe www.simmentaler.org of www.simbra.org beskikbaar sal wees.
Hierdie inligting sluit in 'n reeks BLUP-teelwaardes, stambome oor vyf generasies, kommentaar oor die dier en koeitoekennings. Dit is 'n gratis diens, sê mnr. Llewellyn Angus, voorsitter van die genootskap.
Volgens hom het besoeke aan die twee rasse se webbladsye die afgelope ses maande met 800 % toegeneem. Webontledings toon dat die meeste besoekers prestasie- en stamboominligting van diere soek. Daar is meer as 250 000 Simmentalers en Simbra's se inligting beskikbaar.
Tweede op die voorkeurlys is die jongste prestasietoetsdata en foto's van alle KI-bulle in Suider-Afrika. Dié webwerf bied ook skakels na webwerwe van 29 ander Simmentaler- en Simbra-telersgenootskappe waar besoekers toegang het tot foto's, teelwaardes en stambome van bekende buitelandse diere.
Nog goeie nuus vir Simmentalertelers wêreldwyd is 'n fotoreeks wat nou op www.simmentaler.org geplaas is. Om die verskeidenheid in bloedlyne te handhaaf, word die bloedaandeel van alle bulle jaarliks met behulp van 'n moderne rekenaarprogram deur die genootskap ontleed. Veral op versoek van plaaslike- en oorsese telers word die 100 bulle wat ingevolge hierdie ontledings die grootste aandeel in die aktiewe Simmentaler-bevolking van Suider-Afrika het, se foto's, stambome, teelwaardes, klassifikasie en detail van ál die nageslag van elke bul binnekort ook op die web geplaas, aldus Angus.
27 Februarie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24