‘n Helikopter het Dinsdag (31 Augustus) na bewering vier vermeende wilddiewe in die Roedtan-omgewing in Limpopo afgelaai, sê eBlockwatch.
Mnr. Andre Snyman, stigter van die inisatief, lede in die omgewing is gemobiliseer nadat daar met hulle in kontak getree is. “Nog niemand is daar aangekeer nie. Ons dink die verdagtes het reeds die omgewing verlaat, maar almal is op die uitkyk.”
Luidens ‘n berig van News24.com het ‘n wit en rooi helikopter glo oor verskeie wildplase in die omgewing gesirkel, veral oor die plaas Morgenson. Die helikopter het glo op ‘n stadium geland en die verdagtes afgelaai. Boere en spoorsnyers het die gebied daarna gefynkam.
Boere in die omgewing keelvol
Die Endangered Wildlife Trust (EWT) het verlede week met boere in die omgewing vergader en ‘n network is op die been gebring om wilddiewe te vang. Boere en die eienaars van wildplase het tydens die vergadering opgemerk dat hulle groot probleme ervaar met helikopters wat oor die gebied vlieg op soek na renosters. Dié helikopters is ook al in die Thabazimbi-omgewing opgemerk.
Volgens mnr. Riaan de Jager van Limpopo se departement van omgewingsake werk sy departement nou saam met Burgerlike Lugvaart om skuldiges aan te keer.
Intussen berig die webwerf dat vyf verdagtes oor die naweek in die Lephalale-omgewing aangekeer is.
1 September 2010
Kommentaar
Teken asb die petisie teen die stroping en doodmaak van SA se renosters by http://www.mypetition.co.za/index.php?page=sign_petition&petition_id=504 en verhef jou stem teen hierdie bloedbad, baie dankie!
Skiet die helikopters wat so sirkel bokant wildplase af, dan het ons sommer met 'n klomp stropers afgereken, want in die tronke word hulle soos konings behandel. Sit heeldag voor die TV en studeer ook op die belastingbetaler se koste!!
MOOI SO, WAT IS DIE KANS DAT HIERDIE SPAN WERK LAND WYD KAN DOEN TUSSEN DIE BOERE? DANKIE VIR INLIGTING
Bring die doodstraf vir die bliksems in wat so onwettig jag maak op die renosters
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)