Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Hernubare-energie-landbouvoordele

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hernubare energie = landbouvoordele

 
deur ALANI JANEKE
Mnr. Davin Chown van Mainstream SA. Foto: ALANI JANEKE
Mnr. Davin Chown van Mainstream SA. Foto: ALANI JANEKE

Hernubare energie-projekte kan samewerking tussen kommersiële en opkomende boere verbeter, sê Mainstream Suid-Afrika. Mnr. Davin Chown, besturende direkteur van Mainstream Renewable Power Suid-Afrika, meen projekte vir hernubare energie kan ook lei tot verhoogde produksie in baie gebiede.

Die maatskappy het Donderdag (24 Maart) met die samewerking van verskeie ander rolspelers die stigting van ’n energiekonsortuim in Johannesburg aangekondig.

“As daar ’n gebied is waar byvoorbeeld windturbines op kommersiële en opkomende boere se plase opgerig word, bied dit dié boere ’n unieke geleentheid om saam te werk en werksgeleenthede in die omgewing te skep. Dit bied aan die boere ook ’n bykomende inkomste wat hulle kan aanwend om hul bedrywe uit te brei,” verduidelik Chown.

Nadelige impak?

Chown sê hernubare energie-projekte, soos windturbines en sonpaneelparke, het nie, soos wat baie rolspelers in die bedryf tans glo, ’n nadelige impak op produksie nie. “Inteendeel, dit kan produksie bevoordeel en verhoog deur ’n alternatiewe inkomste aan boere te bied. ’n Veeboer kan dus nog vee aankoop of ’n saaiboer sal nog grond kan bekostig om meer graan aan te plant.”

Hy sê hulle ondervind veral uitdagings om die Regering die voordele van die projekte, veral met die samewerking van die landbou, te laat insien.

Droogfontein

Die Droogfontein-gemeenskap, wie se plaas 28 km buite Kimberley in die Noord-Kaap geleë is, is ’n voorbeeld van die voordelige invloed wat so ’n projek op ’n boerdery kan hê.

Mnr. Ceronio Mogorosi, voorsitter van die Droogfontein-gemeenskapseiendomsvereniging, sê die sonpark wat oor die volgende twee jaar op hul plaas van 12 000 ha opgerig sal word, is ’n belegging van sowat R7,2 miljard op hul grond en boerderypraktyke.

“Na verwagting sal dié sonpark tot 200 megawatt krag per jaar kan opwek, en tydens die konstruksie daarvan sal dit tot 1 500 tydelike werksgeleenthede vir twee jaar skep. Sowat 150 en 200 heeltydse werksgeleenthede sal geskep word vir personeel om dié park te bestuur nadat dit opgerig is,” vertel Mogorosi.

Hy sê die eerste huurkontrak wat Mainstream Suid-Afrika met hulle aangegaan het, is vir 20 jaar, en hulle hoop op ’n hernuwing vir ’n tweede tydperk van 20 jaar.

“As deel van ons ooreenkoms sal ons as Droogfontein-gemeenskap, sodra ons trust gestig is, ook hulp aan ander opkomende boere moet verleen om hul boerderye uit te brei.” Mogorosi sê hulle plant tans 400 ha groente en die gemeenskap se veegetalle staan tans op 200 stuks.

24 Maart 2011
 

2.25
 
 
  • 1602 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Wilfred Nico Diergaardt 
28 Mar 2011 15:10

Ek will 'n Bietjie meer weet oor Wind Turbines en hul uitwerking op die omgewing het negatief en of Positie? Sal dit lonend wees om my plaas heining met sonkrag te elektrifiseer?

  • antwoord
Johan Eduard Schroeder 
28 Mar 2011 14:40

Geagte Mnr David Chown.
Hoe kom mens met u in aanraking. Ek het 'n uitgewerkte plan vir hernubare energie wat geld konstant in u hande sal plaas om boer / werker en ko-operasies mee by te staan: 1: Behuising 2: Aanvaarbare salarisskaal 3: Pensioen 4: Swart boerdery gemeenskappe is sake wat aangesprrek kan word .
Graag versoek ek u om my u epos adres te verskaf sodat ons die dringende behoefte kan begin aansprerek.
Groete
Johan

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Korrel as jy swets - hoofstuk 2
  • IS GM-VOEDSEL VEILIG? JA!
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction