|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
‘n Herrie is los oor die verhandeling van waterregte en Agri SA sê die Regering meng by dié proses in met die doel om wit boere te dwing om SEB-doelwitte na te kom waaraan hulle nie onderhewig is nie.
Die Departement van Handel en Nywerheid en die AgriSEB-handves bepaal dat plase met ‘n omset van minder as R5 miljoen per jaar nie aan SEB-vereistes hoef te voldoen nie. Die meeste van Suid-Afrika se sowat 40 000 wit boere val in dié afdeling en hulle word daarvan beskuldig dat hulle hervorming kniehalter.
Luidens ‘n berig van Allafrica het die Departement van Waterwese en Omgewingsake sedert 2007 altesaam 134 aansoeke deur wit boere om waterregte te verhandel, afgekeur, omrede hulle nie aan die Nasionale Waterwet se bemagtigingsbepalings voldoen nie. Talle van dié boere se besighede het ‘n omset van laer as R5 miljoen per jaar.
Verhandeling van waterregte vind plaas wanneer boere met bestaande watertoekennings enige oorskot aan bure kan verhandel of dit vir produksieuitbreding kan gebruik. Een van die gevolge van die vermeende staking van watertoekennings aan wit boere is die verlies van sowat 2 500 werksgeleenthede, sê Agri SA. Sowat 2 000 ha besproeibare grond is ook onproduktief vanweë die situasie en 97 000 ha besproeibare grond beskikbaar vir swart boere lê ongebruik.
Mnr. Nic Opperman van Agri SA meen vergoeding vir die rassediskriminasie van die verlede is net een faktor wat deur staatsamptenare in ag geneem moet word rondom waterregte. Ander kwessies soos strategiese belang, openbare belang en sosio-ekonomiese uitwerking moet ook oorweeg word.
Mnr. Sipho Mahlangu, adjunk-direkteurgeneraal van waterwese sê boere wat voel hulle is onregverdig behandel kan appél aanteken by die Watertribunaal, wat deur ‘n Hooggeregshof-regter gelei word.
Bron:
Allafrica
23 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
waar kan ek uitvind of ek water mag verkoop wat uit n boorgat gepomp word?
mag ek water verkoop as ek het aan die mense wat se boorgate opgedrog het of bv die gemeenskap van Brits? ek het genog boorgat water? waar kan ek uitvind?
MOET BAIE DRINGEN AANDAG KRY DIT IS ABURD
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)