Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Hervorming-boere-moet-moue-oprol

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hervorming: ‘Boere moet moue oprol’

 
Deur ALANI JANEKE

Om grondhervorming en die landbousektor vir toekomstige geslagte suksesvol te maak, moet “boere hulle moue oprol en self dinge beter maak”, sê Agri SA.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter, meen elke boer in die land moet deel in die verantwoordelikheid van suksesvolle grondhervorming. Hy was een van die sprekers by die Melkprodusente-organisasie se jaarkongres in Johannesburg.

“Die kans vir grondhervorming om suksesvol te wees, as dit net van die staat afhang, is niks. Ek dink elke boer in die land skuld die land dit om ten minste een swart boer te help. Dié is die uitdaging van ons geslag. Dit is so geldig en gewigtig soos die boere-oorlog vir vorige geslagte was,” sê De Jager.

Verskeie bedrywe se toekoms is in gedrang 
Volgens De Jager kan die mislukking van grondhervorming die einde van verskeie bedrywe beteken. “Die koffie- en teebedryf bestaan omtrent nie meer nie weens mislukte grondhervorming. Die piesangbedryf se toekoms is tans in gedrang. Ek voorspel dat die avokadobedryf teen 2014 dieselfde probleme kan beleef, en so ook die makadamiabedryf teen 2016. Die mangobedryf word ook bedreig.”

Die bedryf wat tans die meeste getransformeer is, is suiker. Die hoenderbedryf is ‘n ander gunsteling onder begunstigdes. De Jager meen egter die melkbedryf is die mees ongewilde, want dit verg die sterkste bestuursinsette en langste ure.

“Dit maak die uitdagings vir dié bedryf groter as by ander.”

Groenskrif? 
De Jager voorspel dat die Groenskrif oor grondbeleid vóór die ANC se jaarkongres op 19 September begin, in die Parlement ter tafel gelê sal word.

Hy sê hoewel hy brand om die inhoud van die dokument te sien, glo hy dit is al twee keer aangepas.

“Ons het al twee keer met mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, vergader om die dokument te bespreek. Ons het onder meer die praktiese implikasies rakende grondplafonne aan hom verduidelik, waarna hy sy span aangesê het om dit te hersien.”

25 Augustus 2010

0
 
 
  • 1344 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

JvdW 
26 Aug 2010 10:36

Die manne wat die kitaar slaan is sosialiste. Malema het geen toekoms nie. Binne 'n paar jaar gaan die COSATU en SAKP wegbreek van die ANC en dan is daar ander dinge aan die broei.

Blade Nzimande sien SA se toekoms as sosialisties in die medium termyn, maar kommunisties op lang termyn.

Met ander woorde hulle glo dat ALLE ondernemings in SA slegs gelyk moet breek en ALLE winste onder die werknemers van die ondernemining verdeel moet word. Op lang termyn glo hulle egter myne, banke, SASOL, TELKOM, Mittal Staal en plase moet aan die Staat behoort sodat "...die mense wat die land bewerk, die eienaars daarvan sal wees..."

Dus uit hul ideologiese oogpunt moet alle produktiewe bates oorgedra word. Daar is egter hier en daar mense wat begin besef dat blankes in SA se kennis en ondervinding nodig is. Boere se kennis is van onskatbare waarde.

Ek stem saam: ons skuld niemand niks. Ons produseer reeds oorskotte gesonde, hoe kwaliteit voedsel vir 'n ondankbare bevolking. Verder subsideer SA se boere hierdie voedsel deur dit teen laer pryse as produksiekoste te verkoop.

Dit is tyd dat die regering en sy kiesers eers klaar kou aan hulle monde vol goedkoop kos, voordat hulle verder kla oor hoe sleg ons boere is.

  • antwoord
Eduart 
26 Aug 2010 06:29

Waar in die lewe kom Theo de Jager aan hierdie snert! Boere skuld die land en sy swart inwoners NIKS!!!

  • antwoord
Grobbies 
25 Aug 2010 21:57

Nee dr. Theo, nie weer die boere nie, dit is tyd dat die staat en die pêrre wat die grond kry hulle moue oprol!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
25 Aug 2010 13:20

Hoekom sal die ANC die dokument aanpas na hy met SALU gepraat het, maar niks van julle voorstelle by die plaaswerkersorganisasie in gewerk het nie?

Grondhervorming het niks met grondhervorming te maak nie. Dis uit en uit 'n politieke speelbal. Hoekom weet niemand, selfs in vandag se tyd, wat in die grond databasis aangaan nie. Dis deel van die speelbal spelery. Dieselfde het gebeur met die moratorium op misdaad statistieke. Ek dink dis tyd dat dit besef word en die regering bietjie meer in die bek geruk word hieroor.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Biotegnologie
  • SA moet op eie landbou [sensor]us
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction