|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Die Regering wil ’n nuwe blaadjie omslaan met grondhervorming in KwaZulu-Natal.
Die landbou in dié provinsie is dalk op pad na herstel nadat die Regering boere se hulp gevra het om te keer dat die restitusieproses die staat bankrot maak. Volgens mnr. Sibusiso Gamede, adjunk-grondeisekommissaris vir KwaZulu-Natal wat ook waarneem as kommissaris, het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sy totale begroting van R97 miljoen opgebruik om hofbevele in grondsake te skik.
Nóg R1 miljard gaan nodig wees vir dié sake wat uitstaande is. In ’n openhartige gesprek met die landbou-organisasie Kwanalu het hy gesê restitusie het méér armes geskep en is besig om die landbousektor te vernietig.
Hy het boere om verskoning gevra. Die geskiedenis van mislukkings het die Regering geleer dat hy dit nie alleen kan regkry nie. “As ons só aangaan, kan dit die staat bankrot maak,” het hy gesê.
Hy wil nie alleen boere se hulp hê met boerdery nie, maar hulle in geheel betrek om ook administratiewe vaardighede te verbeter deur te help met navorsing oor grondeise, opgeblaasde grondpryse, gemeenskapskonflik, regsdispute en verantwoordbaarheid van amptenare.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 6 Augustus 2010.
2 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)