Die prys van melk en melkprodukte gaan na verwagting styg, maar sal waarskynlik in die tweede helfte van die jaar weer daal.
So sê mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoofbestuurder van die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro). Kraamwinkel sê die plaashekprys vir melk styg gewoonlik aan die begin van die jaar.
“Die hoogste prys word in lae produksietye betaal en die laagste prys in hoë produksietye.” Beter melkpryse loop vanjaar hand aan hand met ’n stewiger mielieprys wat voerkoste beïnvloed.
Vraag kan daal
In die Januarie-verslag oor die plaaslike en internasionale situasie op die mark waarsku Kraamwinkel dat die vraag na melkprodukte kan daal te midde van ’n stadige ekonomiese herstel en duur administrasiekoste.
Dít volg die jaarlikse neiging van die ekonomie vir melkprodukte.
Wêreldwyd het melkproduksie toegeneem. “Die hoër produksie is omdat die plaashekprys in die grootste melkproduserende lande gestyg het. Die prys van onverwerkte melk wissel meer in daardie lande as in Suid-Afrika.”
Laasgenoemde prysstygings het nie tot hoër melkpryse in die internasionale melkmark gelei nie. Suid-Afrika se melkproduksie was egter verlede jaar net 0,19% hoër as in 2010.
26 Januarie 2012
Kommentaar
Die vraag is nie hoeveel boere bereid is om vir 'n kg kaas te betaal nie maar vir hoelank kan melkboere nog teen 'n verlies aanhou om melk te produseer, waar gaan die verbruiker dan vars melk kry, en as hy kry wat sal hy dan daarvoor moet betaal.Boksie ingevoerde melk van Argentinie is nie dieselfde as varsmelk nie en gaan kyk maar net wat alles van vars melk gemaak word. Van die R39.90 kry ons as melkboere maar R27.50 per kg en die supermark verkoop teen R70 plus per kg so wie is die vark in die verhaal?? Al wat ons vra is gee ons R33.30 per kg kaas wat ons op R4 per liter bring en dan kan ons ook oorleef.
Vraag aan julle boere, hoeveel is julle bereid om vir 'n kg kaas te betaal?
Hierdie paar sent wat hulle ons nou belowe gaan verseker nie n oorskot van melk veroorsaak nie.Melkboere moet nou saamstaan om te verseker dat die tekort van melk net groter word.Ons moet ophou om meer te produseer wanneer die somme nie klop nie.Laat hulle daardie duur suiwel invoer .die rand gaan nie verstewig nie en die prys van mielies en diesel gaan net duurder word.Wonder of elektrisiteit ook goedkoper gaan word wanneer melkproduksie gaan styg . Kraamwinkel moet ophou om sy lede te probeer rustig te laat slaap, ongelukkig glo hulle hierdie snert wat hy loop en verkondig .
Stem saam Marelize, ek self is 'n melkboer en die strooi wat die MPO en nou Sampro kwytraak is al so afgesaag. Waar loop die vleispryse, eiers en hoender pryse, wat tog nou gekoppel is aan die mieleiprys maar die melkprys bly laag hoe werk dit. Ons meelpryse het die afgelope 4 maande met 24% gestyg, elektrisiteit is 25% op, arbeid klim nou weer met 9.2% en so kan ek aangaan maar melkboere kry dieselfde as in 2008. Die groot sondebokke is natuurlik die supermarkte en ek verneem van my melkkoper dat die supermark het vir hom eenvoudig gese as jy nie kaas teen 39.90\kg kan lewer nie halveer ons die bestelling en voer ons eenvoudig in. Waar is die wonderlike MPO in die geval, ek sal jou se, vra net vir hulle wie lewer hulle grootste bydrae mbt fondse en dan weet mens hoekom hulle so stil is oor die magspel van supermarkte. As ons 2600 melkboere nie gaan saamstaan en aandring op 'n basisprys van R4.00 per liter soos hulle in die verlede in Wallis gedoen het nie, en eenvoudig die melk laat uitloop totdat die verwerkers en supermarkte leeg is gaan ons pryse nie regkom nie. Dis vir my interessant hoe die verwerkers nou ewe skielik rondspring met "schemes" en sente hier en daar wat "bullshit" is. Melkboere behoort nou R4.00 plus per liter te kry en dis die bottom line.
Ag ja dis n ou storie. Ons is self melkboere en hoor hierdie storie al jare lank. Absolute bog. Dit is n skande wat die melkboere vir hul melk kry en dan moet ons nog hoor dat pryse weer later gaan daal. En dat die verbruik gaan daal in die mark? Watse twak is dit? Melk word net al hoe meer gebruik in Suid Afrika veral met die bevolking wat al hoe groter word. Vertel vir ons n ander storie asb en betaal die boere wat hul toekom
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)