|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Na aanleiding van opmerkings dat boere vir hul eie veiligheid verantwoordelik is, het landbou.com met landbouers gepraat om te hoor hoe hulle oor die saak voel.
Die heel belangrikste aspek is dat die boer ‘n goeie verhouding met sy plaaswerkers moet hê, want in die meeste gevalle is ‘n misdaad die gevolg van ‘n slegte verhouding tussen die boer en sy plaaswerkers,” sê mnr. Karabo Peele, wat buite Ventersdorp en Rustenburg boer.
Peele sê hy boer al vir 26 jaar en het nog nooit probleme met aanvalle op sy plase gehad nie, maar wel met diefstal. Hy sê hy is nog nie geraak deur veediefstal nie, maar pale en draad van heinings word gereeld by hom gesteel.
Gedeelde verantwoordelikheid
Hy meen boere is tot ‘n groot mate verantwoordelik vir hulle eie veiligheid, maar dat die staat dieselfde diens ten opsigte van veiligheid aan alle mense moet gee. “Die Polisie moet ook die plase patrolleer sodat hulle ook hier sigbaar kan wees soos wat hulle in inkoopsentrums of in townships is.”
Volgens Peele moet ‘n boer ook seker maak dat sy werkers besef hoe belangrik hul verantwoordelikheid vir veiligheid op ‘n plaas is. “Dis die werkers wat weet wat die boer se bewegings is en dis hulle wat inligting aan vreemdes kan gee wat tot ‘n aanval of diefstal kan lei – meestal sonder dat hulle daarvan bewus is.”
Peele sê goeie toegangsbeheer en behoorlike sekuriteitsmaatreëls is ook vir hom belangrik.
Lees ook:
'Vat hande teen plaasaanvalle'
“Ek is as boer opgelei”
Intussen sê mnr. Lukas Botes, ‘n boer van die Karoo, die veiligheid van boere is een van die staat se verantwoordelikhede. “Ek is ‘n boer, ek is opgelei as ‘n boer en moet kos voorsien aan die land. Ek is nie opgelei om my plaas te bewaak en te patrolleer nie.
“Elke ou het sy werk wat hy doen - dit waarvoor hy opgelei is. Ek sê nie jy moet onverantwoordelik wees en moeilikheid gaan soek nie, maar die Regering is verantwoordelik vir die veiligheid van sy burgers. Is dit dan nie deel van die rede hoekom ons op ‘n maandelikse of jaarlikse basis belasting betaal nie?“ vra Botes.
Botes sê hoewel hy in ‘n gebied bly waar hulle nie baie probleme met plaasgeweld ervaar nie, voel hy nie veilig op sy plaas nie. “Jy kan niemand vertrou nie, en jy is onrustig oor diefstal as jy met vakansie gaan of selfs net vir ‘n naweek weggaan”.
Lees ook:
'Misdadigers vrees nie Polisie'
22 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Een van die beste boeke wat ek onlangs gelees het, bevestig die wenresep van Dr. H.F Verwoerd. Die boek moet beslis in Afrikaans vertaal word. Bestel van Amazon.com Flee, The Beloved Country deur Dr. Pieter Erens Barkhuizen.
Ons moet elkeen verantwoordelik optree. Indien die SAPS vir almal se sekuruteit verantwoordelik is moet ons 5000000 polisie manne he.
Ek het op 'n plot gebly en daar het werkers so 60 meter van die huis af gebly. Die skelms het probeer om hulle te verwyder want wou nie inbreek met hulle daar nie. Hulle teenwordigheid het die skelms afgeskrik.
Hulle teenwoordigheid het nooit op ons privaatheid inbreuk gemaak nie.
Eindelik het hulle teenwoordigheid ons veiligheid verseker.
As ons onsself moet beskerm hoekom poog die wapenwette om ons te ontwapen?
Mnr Peele, ek verskil met jou in hierdie verband. Dit is die regering se plig om al sy burgers te beskerm. As die regering faal, verskuif die verantwoordelikheid na die burgers, aangesien elke persoon die reg het om homself te beskerm. In hierdie geval wonder ek hoe die Staat sal reageer as ons mense begin om klein private weermagte te vorm. Dit het tyd geword vir die burgers van hierdie Land om oorlog te verklaar teen misdadigers en ek voel dat hulle nie eers voor `n Hof behoort te kom nie.
As ek dan volgens die mnr my eie beeste steel, waarom is ek gister in kennis gestel dat 1 polisie beampte van my plaaslike polisietasie sowel as 2 van veediefstaltak in arres is vir einste diefstal? geval van wolf in skaapklere.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)