Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Hub-s-buitensporig-vergoed

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

HUB’s buitensporig vergoed?

 
Deur ALANI JANEKE

Ná ‘n onlangse studie wat Computus, forensiese en finansiële rekenmeesters, oor die vergoeding van hoof uitvoerende beamptes (HUB’s) in Suid-Afrika gedoen het, sê dr. Philip Theunissen, kundige van die maatskappy, “die resultaat is dat HUB-vergoeding in Suid-Afrika volgens alle aanduidings wel buite beheer is”.

Vir die studie het Computus die inligting van 326 maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) genoteer is, vir die finansiële jaar van Julie 2008 tot Junie 2009, gebruik. Daarvolgens verdien HUB’s gemiddeld twee keer soveel soos die staaspresident terwyl hulle jaarliks drie keer meer as Kabinetsministers verdien.

“Die gemiddelde vergoeding van die HUB’s van al die betrokke maatskappye het R4,76 miljoen per jaar beloop. Dit is ‘n gemiddelde basiese salaris van R2,37 miljoen per jaar, terwyl die gemiddelde salaristrekker volgens Statistieke SA R124 457.00 oor dieselfde tydperk verdien het,” verduidelik Theunissen.
 
In die landbousektor?
Volgens Theunissen is Afgri die enigste landbou-onderneming wat op die JSE genoteer is. Hy sê toe mnr. Jeff Wright van Afgri in 2008 gevra is om te bedank het hy ‘n totale pakket van R18,2 miljoen verdien. “Daarvan was R6,2 miljoen sy basiese salaris, terwyl hy ‘n bonus van R11 miljoen ontvang het. Die balans was toelaes,” verduidelik hy. Theunissen sê mnr. Chris Venter, huidige HUB van Afgri, het in 2009 R2,3 miljoen ontvang.

Meer inligting is op www.computus.co.za beskikbaar.

Hoe lyk kleinhandelaars?
Theunissen sê die verslag dui aan dat mnr. Wayne Hook, HUB van Spar, se basiese salaris R 1 838 000.00 beloop, terwyl sy totale vergoeding R 4 135 000,00 is. Mnr. Nick Badminton, die HUB van Pick ‘n Pay, se basiese salaris is R 3 030 000,00 en sy totale pakket beloop R 6 822 400,00. Volgens die studie verdien mnr. Whitey Basson, HUB van Shoprite Holdings, ‘n basiese salaris van R19 305 000,00 en ‘n totale vergoeding van R 24 128 000,00.

Onbillike boodskap
Theunissen meen dat die vlakke van HUB-vergoeding tans die verkeerde boodskap oor die billikheid van vergoeding aan die gemiddelde salaristrekker stuur, aangesien HUB’s nie noodwendig weens uitsonderlike prestasies vergoed word nie.

“Dit wil op die ou einde eerder lyk of HUB’s die omstandighede van onvoldoende en oneweredige inligting rondom hulle vermoeëns tot só ‘n mate misbruik dat, wanneer dit by vergoedingsonderhandelings kom, hulle individuele bedinging baie groter as die kollektiewe bedingingsmag van die res van die 8,4 miljoen salaristrekkende werkers is.”

4 Mei 2010

5
 
 
  • 1547 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Butchvan Blerk 
05 Mei 2010 16:55

Ek het dikwels gewonder hoekom die Regering so korrup is, maar dis nou duidelik wie die voorbeeld stel.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gevaarligte vir chemiese stowwe op grondbone
  • Die reën kom
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction