Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Ideale-mielie-dalk-eendag-verbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'Ideale' mielie dalk eendag verbou

 
CHARL VAN ROOYEN

Dit is dalk nie té vergesog om te voorspel dat 'n mieliekultivar wat aan al die vereistes van die boer, meulenaar én verbruiker voldoen, eendag verbou kan word nie.


Mnr. Tony Godrich, besturende direkteur van Godrich Flour Mills, het op 'n internasionale mielie-boeredag van Omnia op Nampopark, by Bothaville, verduidelik wat alles gedoen word om hierdie kultivar te teel.


Hy het gesê boere wil gewoonlik 'n hoë opbrengs en goeie gehalte mielies produseer om maksimum wins te maak. Die verbruikers wil op hul beurt mieliemeel na hul smaak hê, in die algemeen effens growwe meel, sonder swart deeltjies en die prys moet bekostigbaar wees.


Die meulenaar is die skakel tussen die boer en verbruiker en hy benodig 'n sekere tipe mielie om in die verbruiker se smaak te voorsien, maar met die regte grootte, witheid en hardheid om doeltreffend te kan maal én die regte meel te lewer.


Kultivars met 'n harde, wit mieliekern en eenvormige grootte is dus dié tipe wat die beste meel moontlik maak. Dieselfde kultivars behoort vir boere die hoogste opbrengs te gee. Só 'n kultivar sal dus die boer, meulenaar én verbruiker tevrede stel.


Sommige kultivars voldoen nie hieraan nie, daarom dat die Meulenaarskamer 'n jaar gelede 'n lys met 105 ongewenste graankultivars bekend gemaak het, gebaseer op toetse van die Landbounavorsingsraad (LNR). Die kultivarkomitee stel nou 'n lys van gewenste kultivars saam. Teelprogramme is aan die gang om hierdie kultivars te teel, terwyl die LNR ook toetse oor onder meer hardheid doen.


Die meulenaarsbedryf doen landwyd proewe by meulens om vas te stel of die metode wat die Amerikaners gebruik om hektolitergewig te bepaal, met behulp van die kwartkoppie-toetsapparaat, ook in Suid-Afrika gebruik kan word.


Mnr. Godrich het die Departement van Gesondheid gelukgewens omdat die verryking van mieliemeel in Oktober verpligtend gaan word nadat diepgaande studies die afgelope drie jaar deur belanghebbendes uitgevoer is. Daarvolgens moet meulenaars van 3 Oktober af voedingstowwe by mieliemeel voeg. Die koste van sowat R115 miljoen per jaar, asook die apparaat wat daarvoor nodig is, sal deur die meulenaars aangegaan word, maar die koste sal uiteindelik na die verbruiker oorgedra word.

25 April 2003

0
 
 
  • 1658 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Weidings: Alles oor weidings op Vra vir Faffa
  • Ek is ook dors!
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction