Inbellyn vir plaaswerkers

 

‘n Kits-telefoonlyn waarmee plaasbewoners regstreeks met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kan skakel, is in wording.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, beoog dié kitslyn waarmee plaasbewoners direk met die departement van kan skakel.

“Ons gaan ‘n nasionale kitslyn vir plaasbewoners opstel, sodat plaaswerkers, wat misbruik of onwettig uitgesit word, vinnige toegang tot hulp kan bekom,” sê Joemat-Pettersson.

Joemat-Petterson, tesame met dr. Pieter Mulder, adjunkminister, het dié kwessie pas met die nege LUR’e vir Landbou, Bosbou en Visserye bespreek.

Mnr. Steve Galane, woordvoerder van die departement, sê die kitslyn pas in by misdaadvoorkoming. Veral met die oog op onlangse moorde op beide plaaswerkers en -eienaars. “Die vergadering het alle gewelddadige aksies, insluitend misdaad en misbruik, verdoem.”

As deel van die Regering se pogings om kwessies op ‘n nuwe wyse aan te pak, beoog die departement ‘n paar provinsiale mini-plaaswerkerberade, wat later vanjaar deur ‘n nasionale plaaswerker beraad opgevolg sal word. Sodoende wil die Regering meer oor plaasbewoners se lewenstoestande leer.

Die Regering wil ook vasstel hoe meganismes daargestel kan word om vinnig in te gryp op terreine soos misdaad verblyfsekerheid, opvoeding en werksopleiding en ekonomiese ontwikkeling.

28 Januarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Wat is die doel van die lyn en wat word van die aanmelding, die vorige pogings het nie gewerk nie en weinig het van klagtes gekom, gaan dalk net met werkloosheid help, want nou is daar weer poste in die departement

Jorrie 

Julle moet ook net die oproep koste verniet hou, nou nou moet die boer dit ook betaal.

jakkes

Kom ons hoop die koper raak nie weg nie...

Onbekende besoeker 

Dit is baie oulik, maar hoekom nou eers so lyn daar sit as daar al lankal plaasmoorde was op wittes, waar was die lyn toe. Die lyn sal in elk geval net vir n ruk werk voor die pale vir brandhout gebruik word. Maar nou ja kom n mens probeer positief wees, ek meen Zuma se lyn werk mos heeltyd.

mkruger

Hier leer ek ook weer iets.

Ek was onder die indruk dat die aspekte soos uitsetting, misbruik ens deur oa die dept van arbeid aangespreek moet word.

As die landbouminister haar nou ophou met ander departemente se werk, wanneer gaan sy by landbousake uitkom ?

kobus coetzee 

Puik idee, volgens die artiekel kan plaasbewoner bel dus sommer die boer ook. Hier by ons werk die polisie se lyn nie eers, van die dept. het ek nog net gelees en gehoor nog nooit gesien nie. Sal bietjie bel en hoor oor die steelery knip van drade, dronk op maandae en al daai ander ou dingetjies wat ons lewe so "lekker" maak. PS. sal sommer ook in die winter bel dat hulle kom help vuur slaan as die "bewoners" die veld aan die brand steek.

Nee-wat ek sien uit na die lyn wat is die nommer?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.