|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Indien die Suid-Afrikaanse Regering nie ’n “diskriminerende klousule” uit die bilaterale beleggingsooreenkoms (Bippa) met Zimbabwe verwyder nie, wil Suid-Afrikaanse burgers wat in Zimbabwe boer, die ondertekening Vrydag in Harare met ’n interdik keer.
Dié ooreenkoms sluit “historiese” grondgrype deur die Zimbabwiese regering uit.
’n Forum het vroeër vandag (Woensdag) op ’n vergadering in Centurion deur bemiddeling van Agri SA en die Commercial Farmers Union (CFU) in Zimbabwe tot stand gekom om dié boere se belange te beskerm.
Die georganiseerde landbou is onthuts oor die inhoud van die voorgenome ooreenkoms en sê hy is glad nie nie daarin geken nie. Verskeie vertoë tot die Regering het geen reaksie uitgelok nie. “Ontvangs van briewe is nie eens erken nie,” het mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, gesê.
Die interdik, wat aanvanklik Vrydag ingedien sou word, is na verneem word op versoek van die SA Regering vervroeg tot Donderdagmiddag 14:00 in die Noord Gautengse Hooggeregshof omdat dit ’n erge verleentheid sou wees as hy reeds in Harare is wanneer dit moontlik toegestaan word.
“Indien die Regering voortgaan met die ondertekening, maak hy ’n groot fout. Dit sal ongrondwetlik wees en indruis teen die Verdrag en Tribunaal van die SAOG en die internasionale reg.
“Mense is nie gekant teen ’n Bippa met Zimbabwe nie, maar is bekommerd oor die inhoud,” sê mnr. Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, wat boere bystaan met die interdik.
Die SA Regering se standpunt oor boere wat hul plase verloor het, is dat dit “’n saak tussen hulle en die Zimbabwiese regering” is.
25 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Soms verstaan mens nie alles nie en miskien is dit hier die geval.
Ek hou nie van wat in Zim aangaan nie en ek glo ek sal net so bly wees soos die res van die wereld as die gemors nou tot 'n einde kom.
Maar sal iemand asb aan my verduidelik hoe iemand wat besluit het om sy horisone uit te brei om meer wins vir homself te maak en heelwaarskynlik nie die SA regering geken het toe hy die besluit gemaak het om in Zim te gaan boer nie, nou skielik dink dit is die SA regering se plig om sy belange in Zim te beskerm.
Soos ek gese het, miskien is ek nie op hoogte van al die feite nie...
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)