Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Jagbedryf-vies-oor-aantygings

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jagbedryf vies oor aantygings

 
Deur ALANI JANEKE

Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) is woedend oor aantygings deur ‘n omgewingsorganisasie, Animal Rights Africa (ARA), dat die “jagbedryf op die uitbuiting van diere, wreedheid en die vernietiging van biodiversiteit berus.”

Luidens ‘n berig in Beeld (5 Julie) het ARA onlangs ‘n verslag, “Hunting in South Africa: a bloody mess” uitgereik.

Die organisasie het glo in die verslag daarna verwys dat hoewel die jagbedryf jaarliks R754 miljoen vir Suid-Afrika verdien, dit dikwels op die uitbuiting van diere berus. Die koerant haal me. Michele Pickover, ‘n woordvoerder vir ARA aan: “Daar is bitter min sprake van etiek.”

Volgens die verslag word sowat een miljoen diere jaarliks geslag, meestal vir hulle horings, pels of “sommer net vir die lekker. Suid-Afrika is Afrika se gewildste bestemming vir buitelanders wat enigiets van olifante en renosters tot duikers wil jag. Baie Suid-Afrikaners jag ook vir ontspanning. Stropery, veral van renosters, vier hoogty. Hiermee saam boet Suid-Afrika sy biodiversiteit in.”

Pickover meen glo die Regering moet ‘n kommissie aanstel om die bedryf te ondersoek.

WRSA kap terug
“Die Suid-Afrikaanse jagbedryf berus op die volhoubare benutting van diere,” antwoord mnr. Jacques Malan, voorsitter van WRSA, in ‘n verklaring aan die ARA.

Hy sê daar is wel ‘n sosiale ervaring en ‘n ontspanningsaspek wat met jag saamgaan: “Die samesyn rondom 'n kampvuur in die veld waar jy kan vergeet van jou daaglikse bedrywighede en probleme, is verseker die hoogtepunt van 'n jagtog. Die geselskap rondom so 'n kampvuur is iets wat nie net geniet word deur mans nie, maar ook deur vrouens, families en kinders”.

Malan wys daarop dat diere in die natuur aanteel in ’n verhouding van 50% manlik en 50% vroulik, maar dat ‘n baie klein persentasie manlike diere nodig is vir teling en die voortbestaan van ‘n spesie. “Jag is dus 'n noodsaaklike oesmetode vir die volhoubare benutting en voortbestaan van wild.”

Volgens Malan gaan die geld wat met die verkoop van 'n jagtog en wild gegenereer word, gebruik om die voortbestaan van spesies te verseker. Dit is vir die instandhouding en onderhoud van die plaas asook die verskaffing van water en voer gedurende droogtes.

Pickover 'moet kom gesels'
Malan nooi Pickover uit om met hulle te gesels “sodat sy nie as gevolg van onkunde of as gevolg van bevooroordeelde navorsing die jagbedryf wil aftakel nie. Ons is oortuig daarvan dat die Regering genoeg wetgewing in plek het om onwettige jagpraktyke te reguleer. Die Regering doen moeite om met die jagbedryf in verbinding te bly en om te poog om die oortreders vas te vat.”

Hy sê verder egter dat dit nie saak maak hoe goed die wetgewing is nie, “jy sal nooit die skelm deur wetgewing kan beheer nie. Dit is dus belangrik om enige wanpraktyke so vinnig as moontlik onder die wildboer en jagorganisasies se aandag te bring.”

Bron: Beeld

Die ARA-dokument

7 Julie 2010

5
 
 
  • 1881 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Adele Bosel 
03 Sep 2010 14:41

me pickover eet seker te lekker vleis, dalk dink sy die dier vrek van ouderdom en word dan geslag! Ek is self 'n etiese vroulike jagter en daag haar uit om saam met my te kom jag!!! Dis tyd dat die tree huggers wakker word en saam beplan aan 'n beter toekoms

  • antwoord
karin howell 
14 Aug 2010 15:59

bestaan daar iets soos die wettige verkryging van renosterhorings? wanneer is dit onwettig en het taiwaneae permitte? sal graag meer ingelig wou wees

  • antwoord
Johan Smit 
09 Jul 2010 12:54

Dit is verstommend hoe onkundig die mense is. Ek glo nie een van die navorsers was al ooit op 'n wildsplaas nie. wat dink die mense waar gaan die kos vandaan kom om al die oortollige diere te voer. Die motiewe is seker edel maar die benadering is heel van die pad af.

Sodra 'n ding waarde het, pas jy hom mos op, of hoe praat ek?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • ‘Buitelandse werkers nie minder betaal’
  • Boere: Raak betrokke by werkers se gesondheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction