Deur ALANI JANEKE
25 Mei 2012

2236 keer gelees | 9 kommentaar

‘n Rekord-omset van R2,7 miljoen is aan klere en speelgoed by die John Deere-winkel op die Nampo-Oesdag bestee.


‘n Rekord-omset van R2,7 miljoen is aan klere en speelgoed by die John Deere-winkel op die Nampo-Oesdag bestee.

Mnr. Carel Theron, bemarkingshoof van John Deere in Suid-Afrika, sê vanjaar se omst van R2,7 miljoen is heelwat meer as die vorige jaar se van R1,6 miljoen.

“Die stalletjie se gewildheid neem jaar na jaar toe. Ons het die winkel die afgelope drie jaar stelselmatig vergroot om beter vloei te bewerkstellig, maar steeds staan mense geduldig tou by betaalpunte. Ons skryf dit toe aan die krag en gewildheid van ons handelsmerk, en glo dat ons klere- en speelgoedreeks ‘n treffer is onder alle ouderdomsgroepe,” vertel Theron.

John Deere 50 jaar in SA
Die maatskappy word reeds 50 jaar lank in Suid-Afrika verteenwoordig, en Theron sê dié jaar is hulle reeds sowat 40 jaar lank by die Oesdag betrokke.

Die stalletjie het vir die eerste keer in 2004 begin verhandel toe klere en speelgoed daar verkoop is. Dié jaar se omset was R400 000.

Theron sê die stalletjie is al ‘n instelling by die Oesdag, en kollegas uit John Deere-fabrieke in ander lande besoek dit ook. “John Deere is al ‘n instelling op Nampo, want kliënte verwag van ons om daar te wees. Dit gee hulle ‘n geleentheid om met ons te gesels en uit te vra. Dit gee kliënte ook ‘n geleentheid om met ons spesialiste te praat en sodoende inligting te verkry, en ook om met van ons bestuur te gesels - waarvoor daar nie altyd deur die jaar kans is nie.”

24 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Clive Botha

2012/05/28 03:18:35 AM

Nampo het die speelplek geword van die korporatiewe manne van Kappstad, Joburg en Pretoria.. lekker drink en kuier en twee dae vakansie op die plaas... boere gaan minder nampo toe.. dis net 'n vlooimark


Onbekende besoeker

2012/05/28 03:17:03 AM

John Deere is n baie gewilde brand by mense uit die stad, en natuurlik boere wat hulle baie vereenselwig met die jd merk.. dit gee aan hulle status... image soos die engelsman se... daar is mense met 'n lae image wat a bmw of joh of john deere geberuik om hulle beter te laat voel..


John Fredricks

2012/05/26 08:52:30 AM

Ek ws drie keer by John Deere se uitstalling en ja, elke keer was die winkel vol, maar dit was mos afsonderlike van die trekkers en werktuie. Daar was elke keer van die meganiese personeel en JD Finansies-mense tussen die werktuie beskikbaar om mee te gesels.


ERROL

2012/05/26 07:51:03 AM

Dieselfde ondervinding as Dawie, die verteenwoordigers van John Deer het net in die klere belang gestel.Klere is seker John Deer se sterk punt?


Dawie Kok

2012/05/25 09:28:29 AM

Ek was daar maar John Deere se stalletjie was altyd vol kon nie in kom nie en trekkers en klere moet apart wees kon nie met die kenners gesels oor trekkers nie .


yolandi stoltz

2012/05/25 09:23:10 AM

well done guys!


Hendrik

2012/06/12 11:00:46 AM

Waar kan mens nou al die goed besigtig of bestel


corlivdm

2012/06/12 12:00:04 PM

@Hendrik Kontak Nadia Louw by tel: 058 307 6500 oor die reeks. As alternatief kan jy `n e-pos stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com en ek sal jou besonderhede aanstuur. Groete, Corli


jolandi

2013/05/16 12:13:44 AM

Hi corli skuus ag ek wil net graag weet kan mens dalk by julle direk gaan na n winkel toe waar ons soos van die klere en al die ander lekker goed by julle kan gaan koop in plaas daarvan om weer n hele jaar vir nampo te wag? Asseblief laat weet my. Groete Jolandi

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights