|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) ondersoek ’n platform vir die handel in krediete vir die beperking van koolsuurgasvrystelling.
Dié projek en platform is gegrond op navorsing wat die JSE gedoen het oor klimaatsverandering en die koolstofmark.
Mnr. Chris Sturgess, die algemene bestuurder vir die JSE se kommoditeitsafleidingsmark, het dié aankondiging Donderdag (28 Julie 2011) op ’n media-inligtingsdag in Johannesburg gemaak.
Sturgess sê koolstofkrediete sal bepaal word volgens die reeds bestaande standaard. Dié standaard bepaal dat een koolstofkrediet gelyk is aan elke ton koolsuurgas wat nié vrygestel word nie.
“Dit lei daartoe dat geldelike waarde aan die beperking van koolsuurgasvrystelling gekoppel kan word.”
Belangstelling
Volgens Sturgess het hulle reeds ondersteuning vir die platform vanuit ontwikkelingskringe ontvang. “Ons soek nou kopers, verkopers en eenhede wat die konsep kan verifieer deur dit te toets.”
Ander faktore wat ook uitgeklaar moet word, sluit in standaarde vir so ’n handelsplatform asook die registrasiedienste wat benodig sou word.
Sturgess sê baie Suid-Afrikaanse maatskappye het reeds begin om hulself vir die beperking van koolsuurgasvrystelling te beywer, derhalwe dink hulle die moontlikhede vir so ’n platform is groot. Hy sê as die platform goedgekeur word, sal dit ingevolge reeds bestaande stelsels by die JSE bestuur word.
29 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)