|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die top-Simbrabul van Suider-Afrika, HB 0047B Rumba Hans, gaan binnekort sy stempel op die Suid-Afrikaanse Simbra-bedryf laat.
Drie stoeterye, William Angus (Edms.) Bpk., Cornelis Derksen-trust en Lovedale-boerdery (fisiese aandeel), het gesamentlik dié bul van die telers, mnre. Hardus en mev. Ansie Breedt van Grootfontein, Namibië, gekoop.
Dié bul het vroeër vanjaar besonder goed op die ras se internasionale kampioenskap op Vryburg presteer. Hy was die juniorkampioenbul, raskampioenbul, kampioenteelbul (BLUP) en opperste kampioen vleisrasbul (Goue Beker-wenner) van die skou.
Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse Simbra-telers is dat dié genootskap hom as 'n KI-bul gekeur het en dat kommersiële- en stoettelers binnekort sy semen by Taurus sal kan bekom. "Hans sal dus 'n belangrike genetiese aanwins vir die totale Simbra-bedryf wees", sê mnr. Llewellyn Angus, voorsitter van die telersgenootskap.
15 Augustus 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24