Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kan-voorligting-uit-opstaan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kan voorligting uit as opstaan?

 
Deur THEUNS BOTHA

Landbouvoorligting in Suid-Afrika bevind hom in 'n moeras en staan gevaar om dieper weg te sink as 'n reddingsplan nie
spoedig ingestel word nie. Maar is daar nog tyd om te verseker dat
die diens weer sy regmatige bydrae tot voedselsekerheid in
die land lewer? 'n Paar kenners gee hul siening.

Ondanks die glans van die Tsitsikamma-konferensiesentrum by die Boardwalk in Port Elizabeth waar die 250 afgevaardigdes vir die 42ste konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Landbouvoorligting (SAVL) opgedaag het, is 'n diepliggende spanning bespeur by die amptenare wat dit bygewoon het. In die teetyd is oral in groepies rondgestaan en gepraat oor wat die sprekers in hul referate te sê gehad het.

Dié keer was apartheid nie die slaansak nie, maar eerder die politici wat groot druk op die amptenary plaas om te verseker dat die vele programme wat hulle bedink om die landbou reg te ruk, suksesvol toegepas word. En asof daar nie al genoeg verantwoordelikheid op hul skouers rus om landbouvoorligting aan bestaansboere, opkomende en kommersiële boere te verskaf nie, het die grondherverdelingsprojekte nou ook op die skinkbord van die voorligters beland.

Mnr. Mkhululi Mankazana, hoofdirekteur van sektordienste van die Departement van Landbou, het in sy openingsrede erken die stand van landbouvoorligting in die land is 'n ernstige bron van kommer en dat 'n regrukaksie dringend nodig is om 'n ramp af te weer.

Die koue statistieke wat hy verstrek het, laat dit lyk asof die diens hom reeds in die moeras bevind. Van die 2 155 landbouvoorligters het slegs 250 aangedui dat hulle rekenaargeletterd is en oor die vermoë beskik om doeltreffend te kommunikeer en projekbestuur toe te pas.

'n Skrale 19,8% is gegradueer. Gauteng (75%) en die Vrystaat (60%) het die meeste gegradueerdes in diens, terwyl minder as 10% van die amptenare in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal oor grade beskik.

Ernstige gebreke

Mankazana het erken die amptenare is nie behoorlik vir hul taak opgelei nie en dat die gebrek aan vermoë by die meeste provinsies tot gevolg het dat die diens ernstige gebreke het.

Verdeel volgens ras sien die prentjie só daaruit: Swart 92,57%, wit 5,5%, bruin 1,9% en Indiërs 0,03%. Nagenoeg 73% van die werknemers se ouderdom is tussen 36 tot 55, terwyl 7,1% reeds ouer as 55 jaar is. Slegs 27,4% van dié amptenare is vroue. As die mikpunt van een voorligter vir elke 500 boere in die land bereik wil word, sal 'n verdere 5 500 mense aangestel moet word.

"Ja," sê dr. Fanie Terblanche, uittredende voorsitter van die SAVL en verbonde aan die Universiteit van Pretoria se departement van landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling, "die situasie waarin die voorligtingsdiens verkeer, herinner sterk aan die fliek The Perfect Storm.

"Net soos die bemanning op dié boot bevind die diens in Suid-Afrika hom midde in 'n kategorie 5-storm. Daar is aardverwarming en grondhervorming waar 10 000 nuwe boere op 5 miljoen hektaar gevestig moet word en in 'n wêreldmark moet meeding. Boonop is amptenare oorwerk en ondergekwalifiseer. Soos in die rolprent sou dit rampspoedig wees om die aftog te blaas. Dit gaan die vernuf van elke bemanningslid aan boord en spanwerk verg om die storm te oorleef.

"Die probleem is egter dat nege 'skepe' (provinsies) en ook die nasionale Departement van Landbou hulle in die storm bevind. Sonder 'n stelsel waar voorkeure binne elke provinsie en nasionaal uitgestippel word, bestaan die gevaar dat elkeen sy eie koers kan inslaan."

Voortou neem

Terblanche is nietemin bemoedig deur die feit dat die Adjunkpresident van die land reeds aangedui het dat sy die voortou gaan neem om die herstelprogram vir landbouvoorligting op dreef te kry. Dit behels onder meer om opgeleide, jong mense na die beroep te lok, dié wat reeds in diens is, verdere opleiding te gee en om weer status aan die beroep te verleen deur mense met die toepaslike kwalifikasies by 'n professionele, vakkundige vereniging te laat aansluit.

"Dit sal egter min baat as mense bloot die opleidingskursusse bywoon omdat hulle aangesê word om dit te doen. Hulle moet 'n behoefte hê om met kennis bemagtig te word. Boonop moet die opleiding prakties ingestel wees en nie net teoretiese retoriek behels nie.

"Ons ondervind daagliks dat voorligters kla dat hulle deur politici misbruik en deesdae net 'projekjagters' geword het. Hulle is nog kwalik besig om hulself op die hoogte van een projek te stel, dan kry hulle 'n oproep om hulle na die volgende een te haas. Daar word van hulle verwag om kwotasies in te win. Net sodra dit gedoen is, kom daar 'n brief om te sê daar is nie meer geld vir die projek nie."

Wat Terblanche nie begryp nie, is dat elke provinsie jaarliks aan 'n strategiese plan werk, maar voordat dit nog behoorlik in werking gestel word, verander die bestuurspan. "Daar is ongelukkig nog geen langtermynplanne vir die ontwikkelende landbou nie." Hy sien die ideale voorligter as iemand wat oor die nodige landboukundige kennis beskik en verstaan hoe 'n boer se kop werk. Weens die snelle pas van landbou-ontwikkeling het talle voorligters ongelukkig die boodskap verloor.

"Veertig jaar gelede het dit 14 jaar geduur voordat 'n boer 'n nuwe graankultivar sou plant. Vandag moet hy binne 72 uur besluit of hy dit gaan koop. Doen hy dit nie, is die geleentheid vir die boer om in pas te bly daarmee heen en is volgende kultivar/innovasie reeds op pad. Waar sekere subtropiese vrugtebome ná drie jaar begin vrugte dra het, geskied dit nou binne 'n jaar. Neem die boer die verkeerde besluit, sit hy dalk opgeskeep met 'n produk wat die mark nie meer wil hê nie. 'n Geloofwaardige voorligter sal seker maak dat hy die boodskap betyds aan die boer oordra."

Bemoedig

Terblanche is bemoedig dat daar klaarblyklik by politici en amptenare in besluitnemingposisies 'n kentering gekom het in soverre dit regstellende aksie betref. "Ek is bly om te sien dat al hoe meer gedink word in 'n rigting van gelyke geleenthede. Selfs die salarisskaal en byvoordele van voorligters sien vandag sien anders daaruit as 20 jaar gelede. Dit is selfs beter as dié van onderwysers."

Iets wat in sy termyn bereik is waarop hy trots is, is dat die SAVL nie meer as 'n "vakbond" beskou word nie, maar as 'n wetenskaplike vereniging. Met sy 400 lede meen hy die beeld van die beroep sal verbeter sodra voorligters toegelaat word om by die Raad vir Natuurwetenskaplike Professies te registreer. "Ek hoop binne vyf jaar sal nie meer nodig wees om in Landbouweekblad te lees van nog 'n landbouprojek wat misluk het nie.

"Landbouvoorligting het 'n groot bydrae te lewer in die lig van die voedselkrisis om te verseker dat grond produktief aangewend word en Suid-Afrika weer 'n uitvoerland word. Maar dan sal die voorkeure bepaal moet word en nie van die gekose pad afgewyk moet word nie."

Dr. Joe Stevens, die nuwe voorsitter van die vereniging, meen die grootste uitdaging is om voorligters se menswaardigheid weer in ere te herstel. "Die feit dat hul tegniese kennis dikwels swak is, het baie amptenare in hul kantore laat terugtrek. Die Regering moet egter besluit of hulle voorligters bloot vir bestaansboerderye wil aanwend en of die kommersiële landbou inderdaad vir hulle van belang is. As laasgenoemde die geval is, sal tegniese mense met vaardighede en toewyding tot die beroep gewerf moet word om die diens te lig uit die moeras waarin die verval het."

Stevens is vol moed dat daar 'n kentering in die denkproses gekom het en dat die rol van die diens in sy dienstermyn herdefinieer sal word.

Landbouweekblad, 13 Junie 2008

0
 
 
  • 2634 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Renosters gestroop
  • Silo's
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction