|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) se siening oor die landbou is nog nie bekend nie, maar prof. Mohammad Karaan, dekaan van landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch wat op die kommissie dien, is daarvan oortuig dat heelparty van sy mede-kommissarisse positief oor die landbou is.
Wat hom verder oortuig van die belangrikheid van die landbou vir Suid-Afrika se toekomsplanne, is dat pres. Jacob Zuma by die bekendmaking van NBK-lede vir hom gesê het daar moet verseker word dat daar genoeg kos vir die mense van Suid-Afrika is omdat die meeste revolusies nog immers oor kos opgevlam het. Daarbenewens is landbouverwante kwessies soos klimaatverandering, energie en sekerheid oor water ook op die agenda.
Karaan het by die Landboubesigheidskamer se kongres op Somerset-Wes gesê vir hom is een van die belangrikste landbou-kwessies die feit dat daar so baie Suid-Afrikaners is wat hul “melancholiese sentiment” oor die landbou verloor het.
“Die samelewing weet nie watter bydrae die landbou maak nie, maar sodra mense waardering het vir dit wat hulle van die landbou kry, is hulle die landbou meer goedgesind en kan steun aan die landbou makliker regverdig word.”
3 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)