|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Pioneer het Woensdagmiddag sy verdediging afgesluit ná twee weke in die beskuldigdebank oor beweerde kartelvorming.
Dié voedselreus moes homself die afgelope twee weke voor die Mededingingstribunaal teen beskuldigings van onmededingende sakepraktyk verdedig.
Die saak sou tot 30 Junie dien, maar Pioneer het besluit om nie sy laaste twee getuies te roep nie. Die Mededingingskommissie beweer dat Pioneer se brood handelsmerke, Sasko en Duens, in die Wes-Kaap die Wet op Mededinging oortree het en ook op nasionale vlak by kartelvorming betrokke was.
Die partye sal op 9 September hul sluitingsargumente lewer.
Tydens die verhoor het Pioneer wel sommige oortredings erken, maar hou voet by stuk dat hy nie deel van ‘n nasionale broodkartel was nie. Om meer hieroor uit te vind, lees die 3 Julie-uitgawe van Landbouweekblad.
23 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)