Ona Viljoen
6 Junie 2002

1598 keer gelees | 0 kommentaar

In teenstelling met die Australiese mark waar pryse aanmerklik gedaal het, het verlede week se klein aanbod plaaslike pryse 'n hupstoot gegee. Cape Wools se markaanwyser het 1,7 % hoër op R37,40/kg (skoon) gesluit. Dit is 57 % hoër as die openingsvlak en 51 % hoër as op dieselfde veiling verlede se


In teenstelling met die Australiese mark waar pryse aanmerklik gedaal het, het verlede week se klein aanbod plaaslike pryse 'n hupstoot gegee. Cape Wools se markaanwyser het 1,7 % hoër op R37,40/kg (skoon) gesluit. Dit is 57 % hoër as die openingsvlak en 51 % hoër as op dieselfde veiling verlede seisoen.

Kopers sê in die lig van die sterker rand en die feit dat die Australiese mark aan die daal is, kan die styging slegs aan die klein aanbod toegeskryf word. Dit het beteken dat uitvoerders wat bestellings moes uitvoer en verwerkers wat wol vir hul meulens benodig het, sterk moes meeding om die 3 939 bale, die kleinste aanbod dié seisoen.

Die grootste styging is in die 19 mikronkategorie aangeteken wat met gemiddeld 17 % gestyg het. Van die sterker kategorieë het ook goeie stygings getoon.

Gemiddelde prysbewegings was: 19 mikron styg met 17,8 % tot R67,85/kg, 20 mikron met 2,6 % tot R53,86/kg, 21 mikron sluit onveranderd op R51,42/kg, 22 mikron styg met 0,9 % tot R50,69/kg, 23 mikron met 2,6 % tot R51,27/kg en 24 mikron met 1,5 % tot R50,56/kg. Daar was geen kwotasies vir 25 mikron nie.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights