|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Kleinboerdery is nie die oplossing vir die voedselkrisis nie, het 'n Amerikaanse kenner van landboumarkte op Graan SA se kongres by Bothaville gesê.
Kleinskaalse boerdery kan aanloklik wees, maar dit gaan nie die wêreld voed nie, het me. Carole Brookins van Washington, 'n voormalige Amerikaanse direkteur van die Wêreldbank, gesê.
Net die kommersiële landbou en moderne tegnologie - biotegnologie inkluis - het die potensiaal om kos-oorloë te keer, sê sy.
Sy het dr. Paul Collier, 'n bekende hoogleraar aan die Universiteit van Oxford, aangehaal wat in 'n onlangse artikel teen die romantisering van kleinboerdery en aktivisme teen biotegnologie gewaarsku het.
Sy meen dit is noodsaaklik dat Afrika sy landbouproduktiwiteit met moderne tegnologie verhoog.
"Kleinboerdery in Afrika raak net al hoe verder agter. Kommersiële produktiwiteit sal dus nóg vinniger moet beweeg, anders kan Afrika se invoer van kos in die volgende 25 jaar verdubbel."
16 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24