Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Klink-n-glasie-melk-op-die-boer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Klink 'n glasie melk op die boer

 

'n Oos-Kaapse melkboer se projek vir swart ekonomiese bemagtiging is deur die BusinessMap-stigting as die Beste Bemagtigingstransaksie van die Jaar bekroon. Dit het aansienlik groter transaksies buite die landbousektor die loef afgesteek.

Daar gaan byna nie 'n dag verby sonder dat die een of ander swart ekonomiese bemagtigingstransaksie met groot gewag die voorblaaie van saketydskrifte haal nie. Word van dié transaksies egter van nader bekyk, wil dit lyk of sommige eerder daarop gemik is om die politici wat die reëls neerlê, te bei¨ndruk as wat dit ware ekonomiese bemagtiging is.

In ander gevalle is dit soms net 'n klein groepie swart elite (wat in elk geval reeds in die geld rol) wat bevoordeel word, terwyl die breë bevolking wat hulle verteenwoordig, met die krummels tevrede moet wees.

Die swart bemagtigingsprojek van mnr. Trevor Elliott van Grasslands, Jeffreysbaai, is nie só nie. Dié projek bied nie net aan albei partye wesentlike voordele nie, maar het bemagtiging in die ware sin van die woord ten doel. Boonop is daar 'n goeie kans dat die uitstaande skuld op die plaas wat deur die werkers besit word, binne die voorgeskrewe tydperk terugbetaal sal word. Die rede is dat die melkery, danksy die kundigheid van Elliott, volgens gesonde sakebeginsels bestuur word.

Altesaam 49 van Elliot se voltydse en afgetrede plaaswerkers het in Maart verlede jaar die Grasslands Ontwikkelingstrust gevorm. Een van die voorwaardes was dat hulle reeds twee jaar in sy diens moes gewees het.

Met sekuriteit wat deur Elliot se onderneming, Grasslands Landbou, verskaf is, is 'n lening by 'n private handelsbank bekom. Saam met toelae wat deur die Departement van Grondsake verskaf is, is die plaas Schoonfontein in die Tsitsikamma-gebied vir R7,625 miljoen gekoop. Die plaas is 485 hektaar groot. Die Oos-Kaap departement van landbou het ook finansiële steun gegee vir die oprigting van 'n melkportaal en die verbetering van die heinings op die plaas.

Die Grasslands Ontwikkelingstrust besit die plaas en verskaf die grond vir die melkdeelskema. Die trust is ook die werkgewer wat die kontrakteur, Grasslands Landbou, in diens neem. Die kontrakteur moet op sy beurt die melkkoeie, roerende bates, bestuurskundigheid en arbeid verskaf.

Nagenoeg 750 koeie word op die plaas gemelk en die jaarlikse omset is sowat R7,5 miljoen. Die inkomste en uitgawes word volgens dieselfde formule bereken as in die melkdeelskema wat reeds die afgelope 120 jaar suksesvol in Nieu-Seeland toegepas word.

"Dit is oor die jare heen beproef en reeds só verfyn dat aspekte waaroor 'n dispuut gewoonlik kan ontstaan, feitlik heeltemal uit die weg geruim is," sê Elliot.

Die feit dat talle van die werkers eerstehandse kennis van die stelsel opgedoen het toe Elliot van 1995 tot 1999 'n soortgelyke melkdeelskema met 'n medeboer in die omgewing bedryf het, het waarskynlik gehelp om van hul vooroordele uit die weg te ruim.

"Dit het verseker dat die werkers hul volle gewig agter die projek ingegooi het omdat hulle besef dat die spreekwoordelike pot goud aan die einde van die reënboog wel op hulle wag," sê hy.

Die direksie van die ontwikkelingstrust bestaan uit tien lede. Sewe van hulle werk op die verskillende plase wat deur Grasslands Landbou besit word. Een trustee verteenwoordig die afgetrede plaaswerkers. Mnre. Mpumzi Pupuma, 'n sakeman van Durban, en Jan van Zyl, 'n landboukonsultant van die omgewing, is die twee eksterne direkteure. Pupuma is tot voorsitter verkies.

"Die gedagte is dat Pupuma, wanneer sy termyn ná twee jaar verstryk, deur een van die interne direkteure opgevolg sal word."

Elliott stel hom ook ten doel dat ál die begunstigdes van die trust die nodige opleiding ontvang om hul boerderyvaardighede én sakekennis te verbeter.

"Dit is noodsaaklik dat die deelnemers snap hoe die sakewêreld werk sodat hulle ingeligte besluite op die direksievergaderings kan neem."

Om te verseker dat die werkers se volle potensiaal ontwikkel word, verskaf die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit opleiding aan gekeurde persone op die plaas. Die kadetprogram is nou reeds in sy vyfde jaar. Nege van die kadette sal binnekort vir 'n diploma in landboubestuur kwalifiseer.

Elliott, wie se melkery hoofsaaklik op die Nieu-Seelandse stelsel geskoei is, sê hy het reeds in die 1990's besef dat die bemagtiging van plaaswerkers onafwendbaar is as Suid-Afrika nie dieselfde pad as Zimbabwe wil loop nie.

"Die Departement van Grondsake was baie entoesiasties oor die voorstelle en het uit sy pad gegaan om sake te vergemaklik en rompslomp uit te skakel. Ook die landbou-afdeling van Standard Bank het, nadat die nodige sekuriteit verskaf is, meer as R4 miljoen deur 'n Kuhla-lening vir die koop van die plaas beskikbaar gestel."

Hoewel Elliott self 'n geoktrooieerde rekenmeester is, het hy besluit om ander kundiges te betrek om 'n deurdagte sakeplan op te stel.

"Omdat ek nie onnodige verwagtinge by die werkers wou skep nie, het ek eers ál die nodige spitwerk gedoen voordat ek hulle oor my planne ingelig het."

Die sewe plaaswerkers wat direkteure van die ontwikkelingstrust is, is deur Elliott vir dié taak aangewys. Wanneer hul termyn verstryk, sal die ander werkers die geleentheid kry om te stem wie hulle daarna op die direksie moet verteenwoordig.

"Met 'n projek van dié aard is dit noodsaaklik om altyd so deursigtig moontlik te werk te gaan. 'n Mens se motiewe moet suiwer wees en daar moet goeie kommunikasie wees. Dit is 'n tydrowende proses aangesien jy met verskillende mense werk wat nie noodwendig dieselfde siening het nie."

Ofskoon enkele werkers Elliott se diens sedert die totstandkoming van die ontwikkelingstrust verlaat het, is die meeste, volgens hom, entoesiasties oor die projek en het hul produktiwiteit merkbaar verbeter.

"Hulle besef die stelsel hou betekenisvolle voordele vir hulle in. Wanneer die kontrak egter ná tien jaar verstryk, kan die direksie besluit of hulle met die melkdeelskema wil voortgaan en of hulle die plaas vir hul eie rekening wil bestuur," sê Elliot.

Volgens hom kan die feit dat die grootste deel van die landbougrond in Suid-Afrika nog deur 'n klein minderheid besit word, nie ontken word nie.

"Wanneer ons as boere dit besef, het ons waarskynlik reeds die eerste stap geneem om ons kinders se toekoms in die land te verseker."

Oor die toekenning van die BusinessMap-stigting is hy baie ingenome.

"Hoewel Standard Bank dit vir die kompetisie ingeskryf het, is ek verheug dat die beoordelaars besluit het om dit aan 'n boerdery toe te ken. Dit toon ook dat die landbousektor daartoe verbind is om momentum aan swart ekonomiese bemagtiging te gee."

Van nederige begin tot reus

Dit is die boek Grasslands of New Zealand, geskryf deur sir Bruce Levy, wat die grondslag gelê het vir een van die land se grootste suksesverhale op die gebied van melkboerdery. Met nagenoeg 8 000 melkbeeste (hoofsaaklik met Nieu-Seelandse gene) op agt plase is Grasslands Landbou vandag waarskynlik die grootste melkboerdery in Suid-Afrika.

Nieteenstaande 'n omset van etlike miljoen rand per maand, is die eienaar, mnr. Trevor Elliott (47), 'n beskeie mens wat geen erg aan vertoon het nie. Trouens, die hoofkantoor op Jeffreysbaai waar hy die onderneming bestuur, is die toonbeeld van eenvoud. Teen die mure is daar net 'n reeks lugfoto's wat oor 'n tydperk van 30 jaar van die plaas Grasslands geneem is en 'n reuse-kaart van Nieu-Seeland, wat verklap waar sy lojaliteit lê.

Die boerdery het in 1967 tot stand gekom toe Elliott se pa, Ralph, sy boerderybedrywighede in die Karoo agtergelaat en hom in die Tsitsikamma-gebied kom vestig het. Sy pa was een van die pio-niers wat gehelp het om dié eens beboste gebied - waar hoofsaaklik aartappels en bessies verbou is - mettertyd in 'n Mekka vir melk te omskep.

Met 'n karavaan as enigste tuiste en min geld in die bank, maar aangevuur deur die siening van Levy, het sy pa begin om die plaas (hoofsaaklik met die hand) te ontbos en aangeplante weiding te vestig. Omdat die grond taamlik suur was en min makro- en mikro-elemente bevat het, is groot hoeveelhede landboukalk, fosfaat en potas in die landerye ingewerk.

Elliott het sowat 15 jaar gelede, ná hy hom as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam en eerstehandse kennis van die sakewêreld opgedoen het, die boerdery by sy pa oorgeneem.

Hy het gedink die Nieu-Seelandse klawerweidings en melkbeeste is die antwoord vir die Tsitsikamma-gebied, maar hy het min sukses met klawer behaal. Met 'n gemiddelde reënval van 1 200 mm per jaar en goedgedreineerde lande, het meerjarige raaigras en kikoejoe gedy.

Op elke plaas is 'n ten volle opgeleide plaasbestuurder. Elliott hou maandeliks met almal 'n vergadering om knelpunte en geleenthede te bespreek. Die onderneming gebruik die dienste van plaaslike sowel as buitelandse weidings- en suiwelkonsultante. Die voerverskaffer Meadow berei 'n eksklusiewe rantsoen vir die melkbeeste voor. Dit laat hulle gemiddeld 1 400 kg vaste stof per hektaar per laktasie lewer.

Om te verseker dat die boerdery aan die voorpunt van die tegnologie bly, word die produksie op elke plaas voortdurend aan die prestasie van soortgelyke boerderye in Suid-Afrika en in die buiteland gemeet.

Elliott, die inisieerder van die suksesvolle grootkudde-suiwelkonferensie wat elke tweede jaar in Suid-Afrika aangebied word, sê melkboere besef die prys is siklies van aard. Die jongste prysdaling was nogtans vir almal 'n teleurstelling.

"Enige besigheid benodig betroubare inligting en rigtingwysers om gesonde sakebesluite te neem. Die grootste uitdaging is om te verseker dat melkverbruik met die groeikoers in die bruto binnelandse produk tred hou."

Die opregte dankbaarheid waarmee sy werkers die SEB-projek begroet het, is iets wat hom altyd sal bybly.

"Daar is min dinge in die lewe wat soveel innerlike bevrediging verskaf as om binne jou vermoë 'n ware verskil aan jou medemens se lewensomstandighede te maak," sê Elliott.L

Wit boere kan ook voordeel trek

Swart ekonomiese bemagtiging deur aandeleskemas gaan nie net om die sny van die bestaande koek nie. Daar moet eerder gesorg word dat die koek deur vennootskappe groter gemaak word, sê mnr. Bunty Vlok van die ouditeursfirma Wolmarans Kruger Ingelyf op Humansdorp.

Hy sê die model van mnr. Trevor Elliott is 'n goeie voorbeeld van hoe die koek inderdaad groter gemaak kon word. In plaas daarvan om 'n deel van sy eie grond vir bemagtiging af te staan, het hy 'n deurslaggewende bydrae gelewer om te verseker dat sy werkers 'n ander plaas kon koop waarop nou produktief geboer word. Dit hou ook vir Elliott voordele in. Omdat die Grasslands Ontwikkelings-trust hom as kontrakteur aangestel het, kry hy nie net 50% van die netto wins nie, maar hy is ook van 'n meer stabiele en lojale werkerskorps in sy eie boerdery verseker.

Vir die werkers is die voordeel dat die plaas, wat aan hulle behoort, produktief bestuur word. Die skuld op die grond word afbetaal en die begunstigdes van die projek steek 'n deel van die netto inkomste in hul eie sak.

Vlok sê in teenstelling met Nieu-Seeland, waar talle van die plaaseienaars in stede woon en iemand anders vir die boerdery verantwoordelik is, bestuur die meeste Suid-Afrikaanse boere self hul boerdery en is hulle geheg aan die grond.

Daar is verskeie ander modelle om die doelstellings vir swart bemagtiging in die landbou te bereik. Waar werkers byvoorbeeld 'n stuk grond kry waarop hulle nie regtig kan boer nie omdat dit te klein is, kan 'n kommersiële boer die grond en die vee wat hulle deur lenings gekoop het, van hulle huur.

Om die Regering se mikpunt dat 30% van die landbougrond teen 2014 in swart hande moet wees, te bereik, kan wit boere dit oorweeg om vir die werkers wat in hul diens is in die omgewing 'n plaas te koop en hulle dan met raad en daad by te staan. Sulke werkers kan moontlik in 'n trust saamgesnoer word om onderhandelinge te vergemaklik.

Vlok sê om kontinui¨teit te verseker, kan die bepalings van die trustakte só geskryf word dat die begunstigdes vir 'n paar jaar deel van die onderneming moet wees voordat hulle op voordele geregtig sal wees. Die bepalings rakende afsterwe en uitdienstreding behoort ook duidelik in die trustdokumente vervat te word.

Hoewel hy toegee dat sommige swart mense moontlik net hunker na 'n stukkie grond en nie die betrokkenheid van 'n mentor verlang nie, meen hy die Regering het tog waardering vir kommersiële boere, soos Elliott, wat bereid is om 'n helpende hand na hul werkers uit te steek. Dit kan ook help om die spanning in verband met die herverdeling van grond in 'n groot mate te temper.

0
 
 
  • 1413 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Werk is nie net vir die dag nie
  • Tref voorsorg teen brande
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction