Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kom-luister-op-bien-donn

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kom luister op Bien Donné

 
Deur LUCILLE BOTHA

Insiggewende lesings, aangebied deur voorste landboukenners, sal vanjaar tydens die Bien Donné-ekspo gehou word. Standard Bank borg die program saam met Landbouweekblad.

Die program skop op Donderdag 1 November om 10:00 af met lesings oor alternatiewe vrugte vir die Wes-Kaap. Mnr. Bertie Smith van Standard Bank kyk onder meer na uitdagings in die landbou, terwyl mnr. Johan van Niekerk van Alternafruit oor alternatiewe vrugte sal praat. Me. Ester Lotz van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Infruitec-Nietvoorbij-instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn sal uitdagings op landbougebied in die soeklig plaas. Daar sal ook aanbiedings oor bessievrugte, vye en granate wees.

Die beskikbaarheid van water
Ná middagete skuif die fokus na die beskikbaarheid van water vir die Wes-Kaapse landbou. Mnr. Bertrand van Zylvan die Departement van Waterwese en Bosbou sal inligting oor die provinsie se watervoorsieningstelsel, die inskakeling van die Bergrivier-projek asook toekomstige watervoorsieningstrategieë gee.

Klimaatsverandering sal deur mnr. Glen Roberts, 'n weerkundige by Enviromon, gedek word. Belangstellendes kan ook uitsien na aanbiedings oor die gehalte van water in die Bergrivier, die uitwerking van besproeiingswater op die landbou asook waterbesparing deur die landbousektor.

Volhoubaarheid
Op Vrydag 2 November sluit die lesings by een van die ekspo se oorhoofse temas aan, naamlik volhoubaarheid. Gesprekke oor volhoubare grondbestuur begin om 09:30 en duur tot middagete. Dr. Jan Jacobs van Humefert sal 'n oorsig oor dié onderwerp gee. Dr. Johan Fourie van die LNR sal oor dekgewasse in wingerde en boorde praat. Belangstellendes kan ook inligting oor mikro-organismes, kompos en toerusting vir volhoubaarheid kry.

Fynbos
Ná middagete val die kollig op fynbos. Me. Louisa Blomerus sal praat oor die LNR se navorsing op dié gebied. Die bemarking en verpakking van hierdie plante sal ook aandag kry.

 

  • Die lesings word in die Agri-sentrum gehou. Dit kos R80 per persoon per dag, wat die ingangsgeld, drankies en ligte versnaperinge insluit. 'n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

    Landbouweekblad, 26 Oktober 2007

0
 
 
  • 2039 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Meestersuiwelboer: Jerseys in topdrie
  • Uitvoer-onsekerheid bly knaag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction