|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Groot kommer heers in landboukringe oor die min veeartse wat die landbou in Suid-Afrika bedien, veral op die platteland.
Mnr. Marius Viljoen, besturende direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy Ceva, het op ’n prysoorhandiging in Midrand gesê te min veeartse word in die land opgelei. Boonop verkies die meeste jong gegradueerdes om eerder troeteldiere te behandel.
Daar is ook ’n tekort aan jong veeartse op die platteland om na boere se diere om te sien.
Oplossing?
’n Oplossing is om jong mense in die buiteland as veeartse op te lei, moontlik in Frankryk, wat ’n hele aantal opleidingsentrums vir veeartse het.
Hy verneem ook die Noordwes-universiteit oorweeg ’n veeartsenykundige kampus om die opleiding van veearts-studente op die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus aan te vul.
Kritiek word gereeld uitgespreek omdat Onderstepoort glo teen wit aansoekers om toelating diskrimineer. Hy meen ’n oplossing is om meer wit mense toelating te gee, maar met die voorwaarde dat hulle in herkouers spesialiseer om die tekort in die landbou aan te vul.
10 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is so bly dat vermeld word dat daar nie "plek" is vir talle blanke Studente by onderstepoort. Ons sit met n probleem, dat ons nie genoeg veeartse het nie, maar kinders van Suid Afrika word geweier om plek te maak vir biutelandse Studente? En ons wat belasting betaal se geld word gebruik om hulle op te lei???? Kriek ek verstaan dit nie??? As ek dit nie mis het nie het die NWU Mafikeng kampus n Veeartsenykunde afdeeling... Maar ons sit in n sameleewing waar jy as blanke n rasis is on geag dat jou betasting geld andermense in die land voed wat werklik te lui is om te werk,maar n Child grant kry??? En daar word daar teen jou kind gediskremeneer omdat hy WIT is???? Wie pas dan nou aparteid toe....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)