|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Agri Noordwes is bekommerd oor die toename in misdaad op plase in dié provinsie. Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van AgriNW, sê op ‘n onlangse vergadering het dit duidelik geword dat misdaad plek-plek in die provinsie aan ’t toeneem is. “Die voorkoms van veral sogenaamde ekonomiese misdade is tans hoog”.
Du Toit sê plaasaanvalle het verlede jaar in die omgewing van Brits en Hartebeespoortdam toegeneem. Volgens statistiek wat Agri Noordwes se verteenwoordigers in dié distrikte aan Du Toit voorsien het, het die aantal aanvalle in dié distrikte in 2009 met 30% toegeneem, in vergelyking met 2008.
Hy sê spesiale veiligheidsaksies word vir die gebied beoog. “Die polisie wou eers tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi hulle bedrywighede verskerp, maar ons het daarop aangedring dat dit dadelik gedoen moet word”.
Buitelanders
Volgens Du Toit beweer die SAPD dat die grootste probleem met die voorkoms van plaasaanvalle is dat buitelanders, soos vlugtelinge van Zimbabwe, op plase aangestel word. Die persone het soms nie die korrekte dokumentasie nie, dus is dit moeilik om hulle op te spoor as hulle misdade pleeg.
Du Toit sê hulle moedig produsente egter aan om seker te maak dat die werkers wat hulle aanstel aan wetlike voorskrifte voldoen. “Die boere stel ook baie buitelanders aan omdat baie plaaslike mense traag is om te werk. In Limpopo kom 80% van die provinsie se oeste in met behulp van buitelanders”.
Veediefstal steeds hoog
Groot kommer bestaan onder boere oor die steeds gereelde voorkoms van veediefstal in die provinsie, verduidelik Du Toit. Hy sê veeboere in die Swartruggens-omgewing is tans gewilde teikens. “Een boer het van Vrydag verlede week tot Maandag dié week 9 beeste weens potslagtings verloor. Dieselfde boer het die afgelope 13 maande 60 beeste verloor, almal weens potslagtings”.
Du Toit sê hulle meen die grootste probleem is swak ondersoekwerk deur die plaaslike veediefstaleenheid. Hy sê daar is tans nagenoeg 30 onopgeloste sake van veediefstal in dié omgewing. “Ons het reeds met die Polisie daaroor gepraat, en sal binnekort met die provinsiale kommissaris vergader”.
Lees ook:
Boere wil na VN oor misdaad
Misdaad lê die land in KZN lam
20 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Suid-afrika se grootste geskiedkundige probleeme is veroorsaak deur die Mynbase wat uitlanders en later swartmense van ver afgelee stamme aangery het om teen laer tariewe as waarvoor die plaaslike bevolking bereid was om voor te werk, intevoer.Na tyd het hierdie mense gevestig geraak in gebiede daar getrou ,kinders gekry of is daar begrawe wat gely het tot hulle latere eise vir stemreg en volle burgerskap...Dit wil vir my voorkom asof die wit afrikaanse landbouers in Suid-afrika wat volksvreemdes in hulle diens het niks uit die geskiedenis geleer het nie...en is daarom verdoem om die foute te bly herhaal tot die laaste een wat ander mense wou exploiteer vir kort termyn gewin uitgemoor word.Hoekom nie instede daarvan self boer en onder makaar arbeid en dienste ruil of uit te kontrakteer aan jou eie soort soos ander landelike gemeenskappe reg oor die "vry" wereld en volkstaaters reeds doen ,verstaan ek nie .Wat gaan dit vat nog 3000 vermoordes, meer verkragtings ,moet hulle weer begin "neckless" se my wat vat dit,dat julle om die lig te sien.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)