|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Grondwethof het bevind dat die Kommunale Grondregwet ongrondwetlik is, sê die Demokratiese Alliansie (DA).
Die DA het die Grondwethof se bevinding dat die Wet op Kommunale Grondregte (Clara) ongrondwetlik is, verwelkom. Luidens ‘n verklaring is die party van plan om ‘n wetsontwerp vir private eienaarskap aan die Parlement voor te lê om dié wet te vervang.
Die saak het voortgespruit uit ‘n aansoek deur vier gemeenskappe om dié wet ongeldig verklaar te kry. Die eerste rede hiervoor was dat die wet die eiendomsekuriteit van dié wat die grond bewoon het, ondermyn het, en die tweede was dat die wet nie korrek en grondwetlik toegepas kon word nie.
Clara ongeldig verklaar
Volgens die DA het die hof op die tweede punt bevind dat dié wet ongrondwetlik is, en het die hof gemeen dit was nie nodig om die eerste punt in ag te neem nie.
Die DA sê die wetgewing was om verskeie redes nie geldig nie:
* Eerstens het die wet voorsien dat kommunale gebiede deur tradisionele leiers regeer moet word, en nie deur die leiers wat verkies is nie.
* Tweedens het Clara die reg tot die private eiendom van grond weggeneem, wat ‘n grondwetlike reg is. Die wet is glo saamgestel met die gedagte dat grond aan gemeenskappe oorgedra moet word, en nie aan individue nie.
* Die wet het ook gefaal ten opsigte van die grondwetlike verpligting van die staat om geslagsgelykheid te beskerm, te respekteer en bevoordeel.
Volgens die DA het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondsake, vroeër gesê Clara gaan onttrek word, maar hy kon nie duidelikheid gee oor watter wet die Clara-wet sal vervang nie.
12 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)