|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die groep boere wat verwag het om teen middel Julie vanjaar “grond in die Kongo te breek” wag tans nog op finansiering.
Dr. Theo de Jager, die voorsitter van Agri SA se Afrikakomitee, sê die eerste groep boere kon derhalwe nog nie na dié land verhuis nie.
Sowat 17 boere het aangedui dat hulle hul bedrywighede na die Kongo wil uitbrei of daarheen wil verhuis ná Agri SA verlede jaar ’n ooreenkoms met die Kongolese regering aangegaan het vir plaaslike boere om hulself in dié land te vestig.
Lees ook: Tweede plaas vir SA boere in Kongo
‘Bloedweinig te doen’
De Jager sê hoewel al die betrokke finansieringsinstansies hulself daartoe verbind het om dié boere te help, “is daar bloedweinig wat hulle tans kan doen om die proses te bespoedig”.
Hy sê die verskillende instansies moet nou hul eie dokumentasie asook gesamentlike dokumentasie gereed kry vir die finansieringspakket.
Boere het gehoop om vandeesmaand al grond te kon begin bewerk aangesien die eerste leweringskontrakte reeds aangegaan is.
Lees ook: 800 boere maak planne vir Afrika
Zambiese spoorlyn ‘goeie nuus’
Intussen sê De Jager die staat se vroeëre aankondiging van planne vir ’n spoorlyn tussen Zambië en Suid-Afrika “is baie goeie nuus”.
Hy sê só ’n spoorlyn kan tot Suid-Afrika se voordeel strek wat handel met ander lande betref. “Dit is nou mits ons plaaslik die regte infrastruktuur het om produkte na ons hawens te vervoer.”
Mnr. Malusi Gigaba, die Minister van Openbare Ondernemings, het Dinsdag (12 Julie 2011) aangekondig dat só ’n plan tans bespreek word. Hy sê hulle wil veral die Durbanse hawe met die stad Chingola, in die Zambiese koperstrook verbind.
“Dit is al vir dekades lank ’n droom om ’n spoorlyn tussen Kaïro en die Kaap te hê, en hierdie projek is ’n stap in die regte rigting. Een van die grootste struikelblokke van handel in Afrika is logistiek en ons weet dat padvervoer nie die antwoord is nie,” merk De Jager op.
Kyk hier na foto's van 'n plaas in die Kongo waar sommige Suid-Afrikaanse boere gaan boer.
14 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)